Local News

Prof. Volschenk (98) kuier by alma mater

Dié oud-Pietie sê hy wou graag terugkeer na waar hy grootgeword het, en om kinders ‘n liefde vir die kunste te help kweek.

POLOKWANE – ‘n Mens moet met geesdrif grootword en nooit ophou om na iets uit te sien nie.

Só vertel die 98-jarige prof. Pierre Volschenk toe hy onlangs by PHS, sy alma mater besoek afgelê het.

Tydens sy kuier het hy sy esel op een van die stoepe staangemaak, ‘n verfdoek en ‘n paar verfkwaste uitgehaal en so, terwyl die leerders grootoog verby stap, ‘n portret van ‘n boom geskep.

“Vele leerders wil met my gesels, maar ek kan net met ‘n paar gesels. Ek hoop om die leerders te inspireer om ook in kuns belang te stel.”

Volschenk het besluit om, wanneer die portret voltooi is, dit aan die skool te skenk.

Lees ook: Pierre Volschenk lewe vir kuns

Kultuur kan volgens Volschenk in vier woorde opgesom word, naamlik religieuse, intellektuele, morele waardes en skoonheid.

“Kultuur is daar om die samelewing te beskerm. Kultuur is die Vader wat in my woon. My belangstelling is in die natuur en my gunsteling medium om mee te verf is waterverf. Tog geniet ek ook akriel en grafies. Die grootste skildery wat ek al voltooi het, was 1m x 1½m groot.”

Volschenk sê dat om ‘n mens te skilder, moet die kunstenaar die persoon se karakter ken. Hyself was vir baie jare ‘n pottebakker wat klas tot op die hoogste vlak aangebied het.

Hy erken dat sy gewete hom weer tot by PHS gelei het, en hy glo hy moes tyd maak om weer by sy alma mater uit te kom waar hy jong kinders positief kan beïnvloed. Volschenk sê hy kan met of sonder sy bril skilder.

Sy sibbe het ook almal reeds ‘n hoë ouderdom bereik.

“Die kunste is in ons bloed. My een suster is ‘n digter, die ander suster doen opera en oorklanking, en my broer is ‘n mimiekkunstenaar. Ons groot geheim is ons sin vir humor.”

Na sy besoek aan Polokwane het hy gaan jag en self sy biltong gesny.

Hy het ook by N.G. Kremetart gesels oor hoe om God deur die skepping te leer ken. Volschenk sê hy het in Houtbosdorp se bosse grootgeword en tussen die watervalle ‘n huis gebou.

Beide sy ouers was fluks en sy pa het ‘n groot belangstelling in die letterkunde gehad. Dit is ook deur tyd saam met sy pa deur te bring, dat hy ‘n liefde vir kleiwerk ontwikkel het.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon. – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button