Local News

Jongspan bederf vir oupas en oumas

Akademie Reformia se Kleinbegin Kleuterskool het verlede week hul jaarlikse Oupa en Ouma Dag aangebied om die spesiale mense in kinders se lewens te herdenk.

POLOKWANE – Oupas en Oumas is daardie mense wat kinders toelaat om aan soetgoed te smul ‘n halfuur voor aandete. Hulle is daardie mense wat trane afvee en altyd die einas raaksien.

Om hierdie mense in hulle kleinkinders se lewens te herdenk, het Akademie Reformia se Kleinbegin Kleuterskool verlede week hulle jaarlikse Oupa-en-Oumadag aangebied.

Soos die eregaste wat hulle is, het die oumas en oupas in die banke ingeskuif, gereed vir ‘n oggend om te onthou.

Die kleuters het hulle verwelkom met liedjies en gediggies waarna daar ‘n speletjie gespeel is.

Tydens die speletjie word die kleuters ‘n vraag gevra en oupa en ouma moet raai wat die kleuters sal antwoord.

Vrae soos, ‘wil jy eerder ‘n vinnige of ‘n slim maatjie hê’, ‘weet jy waar jou nek is’ en ‘hou olifante van roomys’, is van die vrae wat aan die kleuters gestel is.

Na afloop van die verrigtinge, kon die oumas en oupas heerlike sop en broodjies geniet terwyl die kleuters aan soetgoed kon smul.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Tanaiya Lees

"Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer. She holds a Diploma in Journalism and is passionate about sharing authentic stories and making a positive impact through those stories. Although her journey in journalism was unexpected, she found herself drawn to it from the very beginning. Despite an initial career in Digital Marketing and Communications, she has recently reignited her passion for journalism and is excited to be back in the field she loves. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that.

Related Articles

Back to top button