Vere en maskers by Erica-dans

Hoërskool Pietersburg het die jaarlikse fondsinsamelingsdans van Erica Pre-Primêr aangebied en vanjaar se tema was 'Gemasker en geveer'.

POLOKWANE – Getooi in hul mooiste mooi, kompleet met ‘n masker en hier-en-daar ‘n veer, het gaste Vrydagaand by Hoërskool Pietersburg opgedaag.

Dit was tyd vir die jaarlikse geldinsamelingsdans van Erica Pre-Primêr en vanjaar se tema was ‘Gemasker en Geveer’.

Reeds van laatmiddag het die vure in die vierkant gebrand en is drankies bedien om die skielike koue weg te jaag.

Tafels is gedek en met flambojante vere versier terwyl gaste aan die smaaklike kos kon smul.

Ongeag die koue van die aand het die gaste tot laat saam gekuier en sien hulle uit na die volgende rondte se skoffel.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version