Beursies vol geld vir Erica besigheidsbreine

By Erica Pre-Primêre skool het die kleuters hul jaarlikse entrepreneursdag gehou waar hulle die kans gekry het om hul besigheidsvaardighede op te skerp.

POLOKWANE – Regdeur ‘n kleuter se skoolloopbaan word hy of sy onbewustelik blootgestel aan verskillende beroepe.

Temas soos ‘die mense wat ons help’ en ‘eendag as ek groot is’ word behandel en afgesluit deur ‘n dag van fantasie spel, kompleet aangetrek soos ‘n dokter, juffrou of polisieman.

Met ‘n entrepreneursdag kry die kleuters die kans om hulle besigheidsvaardighede op te skerp.

By Erica Pre-Primêre Skool het die gr. R-klas Vrydag hulle jaarlikse entrepreneursdag gehou.

Dae vooraf het die kleuters en hulle ouers reeds begin beplan aan dit wat hulle kan verkoop.

Vroeg Vrydagoggend maak elke kleuter sy winkel op en begin sy produkte uitstal.

Van toffee-appels en sjokolade-eiers en soet inspuitings word uitgepak en nie lank na die winkel deure oopgemaak is nie, is die meeste van die kleuters se produkte uitverkoop en is hulle geldhouers, kasregisters en beursies vol geld.

So het die kleuters speel-speel geleer beplan, bemark en verkoop.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version