Local News

Twee motorfietsryers van Polokwane sterf in ongeluk

Willie 'Wors' Booyzen (42) en sy vriendin, Stefni 'Smartie' Mollentze (23) was deel van die 1313 Macs Familia Pietersburg Chapter toe hulle op 27 Julie saam in ‘n motorfietsongeluk oorlede is.

POLOKWANE – Wanneer ‘n gemeenskap met ‘n gedeelde belangstelling, soos die motorfietsryers, deur ‘n tragedie getref word, staan hulle gewoonlik saam. Wanneer dit egter ‘n dubbele tragedie is, is die seer meer en so ook die ondersteuning.

Die motorfietsgemeenskap is onlangs geruk deur die dood wat twee van hulle lede.

Willie Booyzen (42), beter bekend as Wors, en sy vriendin, Stefni Mollentze (23), ook bekend as Smartie, was deel van die 1313 Macs Familia Pietersburg Chapter toe hulle op 27 Julie saam in ‘n motorfietsongeluk oorlede is.

Stefni was ‘n prospect vir ongeveer vier maande en deel van die 1313 Macs Familia Pietersburg Chapter. Sy sou einde September volwaardig lid geword het. Willie was vir 10 maande by die Macum Amicum Est. gewees.

Die ongeluk het ongeveer 100m vanaf hulle huis plaasgevind.

Willie het sy eie konstruksiesaak gehad en was die pa van twee dogters, Kayla en Marlize.

“Hy was ‘n wonderlike pa, hy het altyd sy tyd en aandag aan ons kinders gegee maak nie saak hoe seer hy gehad het of hoe moeg hy was nie,” sê Kayla en Marlize.

Sy vriende en familie sê as jy vir Willie sien dan dink jy hy is ‘n norse mens, maar dat hy eintlik ‘n mens was met die mooiste en grootste hart en dit ‘n eer was om hom te ken.

“Hy was ‘n goeie man met ‘n goeie hart. Sy liefde en omgee vir Smarties was net wonderlik. Ons gaan sy groot hart en sy liefde vir sy familie en Smarties s’n mis.”

Vir haar familie was Stefni bekend as ‘Tappie’ en sy het in Piet Retief grootgeword. Na skool het sy in Modimolle as kantoorbestuurder begin werk.

Sy word onthou as iemand wat altyd gelag het.

Haar ma, Hanneke Kruis, onthou dat niks ooit te veel moeite was vir Stefni nie.

“Met haar ‘ag dis nie so erg nie, kom ek fix dit gou…’ houding het sy altyd almal probeer help. Sy was ‘n raakvatmens. Sy het ‘n sagte hart gehad en was altyd daar as iemand haar nodig gehad het, maak nie saak wat nie. Sy wou nog altyd net almal probeer help, al is dit net ‘n grappie om jou beter te laat voel.”

Oor wat die meeste van Stefni gemis gaan word is dit vir Hanneke moeilik om te sê.

“Ek gaan haar hele menswees mis. Al haar lag en haar oproepe. Daai Luv U mamma, sal ek seker die meeste mis.”

Janco Mollentze, haar broer sê haar liefde en omgee sal hom altyd bybly.

Haar vriende en familie het by haar geleer dat niks in die lewe te veel is nie en dat ‘n mens elke dag lewe asof dit jou laaste is.

Die Macs Familia Pietersburg President en Chapter het die volgende boodskap gebring:

“Ons wil net dankie sê vir almal wat bygedra het vir die begrafnis. Ons gaan vir Smarties mis, sy was ‘n yster prospect en net so trots op haar motorfiets as wat ons was om haar as deel van ons te hê.”

Willie word oorleef deur sy dogters en ouers, Pieter en Mariaan. Smarties word oorleef deur haar seun, CJ Smit, haar ma, Hanneke, broer Janco Mollentze en sussie, Anel Mollentze.

Die begrafnis vind op 10 Augustus om 09:00 vanuit die Agape Kerk plaas.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button