Local News

Sy staan stewels vol van rugbyskeidsregter

Vuvu Mokoto is ‘n gekwalifiseerde rugbyskeidsregter, en sê sodra sy die geleentheid kry, sal sy graag as skeidsregter in ‘n wedstryd by ‘n topskool wil optree.

POLOKWANE – Tydens die onlangse wedstryd tussen die Springbokke en Portugal in Bloemfontein, het Hollie Davidson van Skotland die eerste vroueskeidsregter geword om as hoofwedstrydbeampte op te tree tydens ‘n rugbytoets.

Alhoewel dit ‘n eerste is, is daar vroue regoor Suid-Afrika wat ook skeidsregters is, al tree hulle nie amptelik op as skeidsregter in ‘n wedstryd nie.

In Polokwane is Vuvu Mokoto ‘n geliefde gesig by die tegniese tafel wanneer haar man, Smiley, wel as skeidsregter optree.

“Ek het nog altyd van rugby gehou en wou in my jonger dae ook ‘n vrouespeler wees. Dit het ongelukkig nooit gerealiseer nie. Ons familie is groot rugbyondersteuners en aangesien Smiley ook ‘n skeidsregter is, is ons liefde vir rugby iets wat ons saam kan doen. Dit is ook die rede waarom ek in 2022 aangesluit het by die Limpopo Skeidsregter Unie.”

Haar besluit om skeidsregter te word het gespruit uit die feit dat daar nie baie vroue skeidsregters in die provinsie is nie. Sy het met haar vlak een opleiding deur die Rugby Unie begin, en daarna moes sy ‘boksmart’ doen.

“Dit was glad nie maklik nie. Ek het eers my praktiese opleiding gedoen, waar jy geleer word wat ‘n skeidsregter se werk op die veld  is, posisionering, die verskillende reëls en hoe jy blaas en die reëls moet toepas. Na die praktiese opleiding moes ons eksamen skryf.”

Haar pligte as skeidsregter sluit in om die spelers se veiligheid te handhaaf en om te sorg dat daar regverdigheid in beide spanne in terme wat optrede en gehoorsaamheid wees. Sy besluit ook wanneer die spel voortgaan en of dit eerder gestaak moet word.

“Ek het intussen ook my tegniesetafelkursus voltooi en geniet dit baie. ‘n Mens leer steeds baie deur te sien hoe ander skeidsregters hulle wedstryde blaas. Ek wil graag in die nabye toekoms ‘n wedstryd blaas, veral aangesien ek al my kwalifikasies het.”

Oor vrouwees op die rugbyveld sê Vuvu dit is nie makliker as vir ‘n man nie.

“Om ‘n rugbyskeidsregter te word is nie die mees waarskynlike loopbaan vir ‘n vrou nie, maar dit bly baie interessant. Ek glo wel vroue word meer uitgedaag, maar solank jy goeie kennis van die spel het, die reëls toepas en regverdig is, kan jy ‘n goeie skeidsregter word.”

Vuvu sê dit is vir haar ongelooflik bevredigend om te sien hoe spelers en ander skeidsregters hulle passie op die veld uitleef en die spel te geniet.

“Ek het nog nie begin blaas nie maar soos ek leer en meer ondervinding kry sal by enige topskool wou blaas.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon. – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button