Meld boelies en brawes op dié toep aan

Met Jo Black en sy broer, Willem Engelbrecht se toepassing kan kinders boelies anoniem aanmeld, en ook stories van bemoediging deel.

POLOKWANE – Jongmense word daagliks blootgestel aan situasies wat hulle nie noodwendig verstaan of kan hanteer nie, situasies waar hulle sien hoe hulle skoolmaats mishandel en geboelie word, of selfs waarin hulleself die slagoffer is.

Afrikaanse kunstenaar Jo Black en sy broer, Willem Engelbrecht, se jongmenslewe was ook nie rooskleurig nie en hulle het vroeg reeds op die verkeerde pad beland.

‘n Volwassene het egter oor hulle pad gekom en hulle onder sy vlerke geneem en sedertdien poog die broers om ander seuns in soortgelyke omstandighede by te staan.

Met hulle eie ervarings en die hedendaagse tegnologie het hulle besluit om ‘n toepassing te maak waar jongmense boelies anoniem aanmeld.

Gebruikers kan iemand wat iets goed doen en erkenning verdien, ook hier aanmeld, en bemoedigende stories en liedjies is ook op die toepassing beskikbaar.

Kyk hier hoe Jo en Willem wys hoe die toepassing werk.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version