Local News

Afrikaans word 100: FAK vier met vreugdevure

Dié vereniging het ‘n reeks aktiwiteite waarvoor lesers kan inskryf om die taal se 100-jarige bestaansjaar te vier.

POLOKWANE – Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is die oudste Afrikaanse kultuurorganisasie, wat hulle daaraan toewy om die taal en kultuur te beskerm.

Jaarliks word daar projekte aangebied waar deelnemers kan deel in die pret van Afrikaans. Hierdie jaar vier Afrikaans sy 100ste bestaansjaar en dus het die FAK ‘n spesiale projek geloods.

Deelnemers kan ‘n standbeeld ontwerp wat Afrikaans 100 uitbeeld. Daar sal ook ‘n kuns uitstalling op 14 Augustus wees met die Taaldagvieringe.

Tydens ‘n onlangse besoek aan Polokwane het die FAK kultuurnetwerkkoördineerder, Charles Rademeyer vertel van die verskillende projekte wat die FAK aanbied.

“Met die Olimpiese Spele wat tans aan die gang is, bied ons Taallimpiese Spele aan. Dit is Olimpiese Spele vir taal.”

Dit word oor dieselfde tyd as die Olimpiese Spele in Frankryk aangebied en sal vanaf hierdie jaar ook elke vier jaar plaasvind.

“Die doel hiervan is om pret in jou taal te hê. Die fisiese Taalspele vind op 3 Augustus by die Voortrekkermonument plaas, maar lesers kan ook aanlyn inskryf. Die aanlyn kompetisie is van 26 Julie tot 11 Augustus.”

Daar is ‘n verskeidenheid pryse te wen by die fisiese Taalspele, insluitend ‘n Taallimpiese Spele-wisseltrofee en ‘n midweek by die FAK Udolpho Rivierplaas in Parys.

Lesers wat aanlyn wil speel, staan die kans om ‘n R500 Takealot geskenkbewys te wen asook sertifikate en ‘n Taallimpiese Spele-wisseltrofee.

Navrae: lieandri@kultuurtuiste.org.za

‘n Ander gunsteling is die Geskiedenis Olimpiade wat internasionaal plaasvind.

Dit vind hierdie jaar vir die vyfde keer plaas en is ‘n aanlyntoets vir leerders van so jonk soos vier jaar, tot 18 jaar.

Daar is jaarliks ‘n tema en 2024 se temas is die Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881) en die Anglo-Boereoorlog (1899-1902).

Die olimpiade vind oor twee rondtes plaas – die eerste ‘n aanlyn toets waar die kandidaat ten minste 80% moet kry.

Die tweede rondte is by ‘n uitdunnaweek op die FAK plaas, Udolpho Rivierplaas, Parys.

“Skole wen groot pryse soos R20 000 en daar is ook beurse by Akademia en Wolkskool op die spel.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon. – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button