Dis weer tyd vir die Sekelbosfees

Kaartjies kos R150 vir volwassenes, R100 vir hoërskoolleerders en R80 vir laerskoolleerders.

POLOKWANE – Die Sekelbosfees vind op 6 en 7 September by Generaal Piet Joubert se sportvelde plaas. Kaartjies kos R150 vir volwassenes, R100 vir hoërskoolleerders en R80 vir laerskoolleerders.

Die Kontrak 3 wenner, Chris Steyn (Plakkies), Franja du Plessis en Droomsindroom sal op Vrydag sorg vir vermaak, terwyl Saterdag gevul sal wees met vermaak van Tjominis, Die Flooze, Ons, Fanus Pienaar, Ruan Josh en Juanita du Plessis.

Matie van Graan is die seremoniemeester en daar is R10 000 op die spel met Sekelbos Got Talent.

Daar sal ook ‘n verskeidenheid stalletjies wees. Kaartjies is by die hek beskikbaar. Vir meer inligting skakel die organiseerders by 067 404 2249.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version