Local News

Al in die ronde by Reffies

Tydens die Reffie Rondomtalie die ouers het in spanne saam met, of teen die leerders deelgeneem en het heerlik gelag.

POLOKWANE – ‘n Yskoue wind wat oor Akademie Reformia se sportvelde waai kon nie die opgewonde leerders, personeel en ouers van Akademie Reformia verlede week stuit om pret te hê nie.

Dit was Vrydagmiddag net na skool toe die Reffie Rondomtalie afgeskop het.

Daar was netbal- en rugbywedstryde met nuwe reëls om die wedstryde interessanter te maak.

Die ouers het in spanne saam, of teen, die leerders deelgeneem en heerlik gelag wanneer hulle val, ‘n bal misvang of sommer skop wanneer dit gegooi moes word.

Na afloop van al die wedstryde was daar ‘n prysuitdeling en ‘n heerlike worsbroodjie vir elkeen.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

 
Back to top button