Local News

SAVF deel planne by netwerkontbyt

Die SAVF se jaarlikse netwerkontbyt op 14 Junie het belangrike kwessies aangepak wat die organisasie op die lange duur sal bevoordeel.

POLOKWANE – Die SAVF se jaarlikse Limpopo netwerkontbyt het op 14 Junie in die Vergeet-my-Nie Eetsaal by die SAVF plaasgevind.

Gaste was in die meerderheid mense wat belange het by die SAVF, wat Martha Hofmeyer en Vergeet-my-Nie insluit.

Gassprekers wat deel uitgemaak het van die program is die SAVF-president, Greame Peplar, SAVF HUB Adriaan Raubenheimer, SAVF hoof van sosiale dienste, dr. Blanché Verster, SAVF hoof van bemarking en Rentia Kotzé, die SAVF se visepresident.

Raubenheimer het veral klem gelê op die feit dat veranderinge omarm moet word en lede gebruik moet maak van tegnologie om te oorleef, “Die SAVF reis van verandering fokus op die betrokkenheid, belyning en bereiking van al die SAVF-fasiliteite.”

Interne dryfvere vir verandering sluit in:
• Bestuur van elke fasiliteit deur sy direksie.
• Bestuur van elke fasiliteit en bestuursvaardighede.
• Finansiële bestuur en finansiersvaardighede.
• Die kwaliteit diens wat by elke fasiliteit gebied word, kapasiteit en kundigheid om die werk te doen.
• Die houding van werknemers en die manier waarop hulle met kliënte omgaan.
• Die SAVF se waarde-aanbod.
• Die status van geboue en infrastruktuur.
• Samestelling en handelsmerk en publieke beeld.

“Ons doel is om die organisasie van keuse in al ons sakelyne te wees. SAVF is nie dieselfde organisasie as ‘n jaar gelede nie en ons moet almal wat by SAVF betrokke is bedank vir hul rol in die veranderinge.”

Met Pepler se spreekbeurt het hy die gaste teruggeneem na 1904 toe die SAVF gevorm is.

“Tog, 120 jaar later beplan ons voortdurend vir die toekomstige volhoubaarheid en streef ons daarna om ons organisasie relevant te hou. Ons was die afgelope paar jaar op ‘n reis van verandering, op ‘n pad wat uitgestippel is vir gebruik deur die leierspan. Hierdie pad lei ons na waar ons as ‘n fasiliteit, as ‘n streek, as ‘n provinsie moet wees om sorg te verskaf.”

Maria Scholtz, SAVF hoof van bemarking het die SAVF se doelwitte aangeraak.

“In Engels staan SAVF vir Superior service (S), appropriate attitude (A), value (V) en ‘n family-friendly facility (F). Dit is waarna ons streef by al die takke van die SAVF.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

 
Back to top button