Local News

Lindie Strydom bemoedig inwoners vir doe res van jaar

Lindie sê elkeen van ons het ‘n geskenk tot gesprek en ‘n mens het nie altyd nodig om antwoorde te hê of te weet wat om te sê nie.

POLOKWANE – Ons leef in ‘n wêreld van uiterstes. Die gaping tussen ryk en arm word groter. Al verskil is dit waaraan ons ryk of arm is.

Met hierdié stelling begin Lindie Strydom, aktrise en motiveringspreker, haar praatjie onlangs by Hoërskool Pietersburg.

Strydom het met ‘n groep uitgesoekte gaste oor die tema, ‘n Tyd soos nou…, gesels en hulle bemoedig vir die res van die jaar.

“Ons lewe in ‘n paradokswêreld, een van seer en lyding, maar ook een van hoop. Ons paradoksspasies is eintlik genadespasies en ons grondgebied is oral waar ons ons voete neersit. Die vraag moet wees wat verwag God van my in ‘n tyd soos nou.”

Sy sê verder elkeen van ons het ‘n geskenk tot gesprek en ‘n mens het nie altyd nodig om antwoorde te hê of te weet wat om te sê nie.

“God kies ons gewone mense om deel uit te maak van Sy voorsiening. Hy is ons manna uit die hemel, ons Lewende Woord.”

Lindie Strydom saam met die groep vriendinne wat die geleentheid gereël het.

Sy neem die gehoor terug na Genesis 1 waar God die skepping gemaak het en elke keer gesê het, dit is goed. Totdat Hy die mens gemaak het en gesê het dit is baie goed.

“Alles was net goed, maar die mens was baie goed. Dit gaan nie oor wat ek gedoen het nie, maar oor Wie my gemaak het. Hy kyk steeds, in 2024, na wat op die aarde nodig is.”

Strydom moedig vroue aan om op te kyk en te sien hoe hulle geseën word.

“As jy opkyk gaan jy of ‘n berg sien, of vir God, hang af van jou uitkyk. Wanneer ons opkyk, weg van ons selfone af, sien ons die mooiste mense. Omdat Jesus vir ons opgestaan het, kan ons nou opstaan. As jy opkyk, het jy geloof, as jy opstaan, lewer jy getuienis en dan moet jy net opdaag. Jesus shows up, so I can stand up.”

Oor vrede sê Strydom dat daar ‘n verskil is in vrede maak met die wêreld en vrede vind in die wêreld met Christus.

“Ons gaan nooit die wêreld kan verander nie, maar ons kan dit help mooi maak. Die dinge in die lewe wat ons harte breek, is geleenthede vir hoop en groei. Moenie wegskram van moeilike gesprekke nie, daar is ‘n geskenk in elke gesprek.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

 
Back to top button