Local News

Familie hoop op privaatsorg na man se ongeluk

Na meer as ‘n maand in die hospitaal, na sy motorongeluk, is Jan Wolmarans ontslaan, maar kort steeds geld vir privaat sorg.

POLOKWANE –

Bykans ‘n maand nadat Jan Antonie Wolmarans (49) in ‘n byna noodlottige ongeluk was, is hy uiteindelik uit die hospitaal ontslaan. Dié ongeluk het op 24 April op die N1 na Louis Trichardt plaasgevind.
Jan se seun, Tommy Deacon, sê Jan was op pad huis toe na werk en moes regs draai vanuit die N1 op ‘n grondpad.
“Hy en sy broer, Eddie, was saam in die bakkie. My pa het gewag vir die motors van voor om verby te gaan toe een in hom vas ry. Eddy is op slag oorlede en my pa het baie seergekry.”
Jan se vrou, Marietjie, het kort na die ongeluk op die toneel aangekom en is later saam met hom in die ambulans na die hospitaal toe. Hy het albei sy enkels, sy regterarm en sy femur gebreek.
“Die femurbeen het regdeur sy vel gesteek. Ons as familie voel hy het nie die regte hulp by die hospitaal gekry nie, en die been het infeksie opgedoen. Ons het ons na privaat dokters gewend wat gesê het, dat vanweë die infeksie, my pa nie dadelik geopereer kon word nie. Hy is egter verlede Donderdag geopereer.”
Die familie probeer om geld in te samel om vir Jan na ‘n privaat fasiliteit te skuif.
“Hy is nog in verskriklik baie pyn en hy eet baie sleg. Om die badkamer te gebruik is vir hom bykans onmoontlik aangesien hy nie kan loop nie. Sy gemoed is egter beter as wat dit was. Ons moet nou nog opritte bou sodat hy met die rolstoel oor die weg kan kom.”
Jan is die enigste broodwinner en kan tans nie werk nie.
‘n Trust rekening is geskep om Jan te help:
Jansen & Jansen Trust.
FNB
Rekeningnommer: 62308126615.
Takkode: 250655.
Verwysing: JW0270

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

 
Back to top button