Local News

Pittige sêgoed saam met Lizz Meiring

Haar nuutste eenvroustuk, Kameras, Konserte en Kleedkamers, is by The Village teater vertoon waar die gehoor nie genoeg van haar pittige sêgoed kon kry nie.

POLOKWANE – Lizz Meiring, bekend vir haar rolle in Lipstick Dipstick, Mollie en Wors en meer onlangs Vetkoek Paleis en Diepe Waters, het die afgelope naweek in Polokwane gekuier.

Haar nuutste eenvroustuk, Kameras, Konserte en Kleedkamers, is Vrydagaand by The Village teater vertoon waar die gehoor nie genoeg van haar pittige sêgoed kon kry nie.

“Elkeen van my optredes is anders. Ek berei ‘n klomp sketse voor, maar dan, afhangende van my gehoor, kies ek ‘n paar wat gepas is. Ek besluit op die oomblik wat ek gaan doen.”

Lizz is vanjaar 63 jaar oud, en reeds vandat sy nege is in die bedryf.

“Ek het as jong meisie by professor Anna Neethling-Pohl afrigting gekry. Een ding wat ek van haar geleer het, is om altyd betyds te wees. Sy het steeds ‘n invloed in my lewe en ek glo vas sy kon die weer beheer. Sy het vas geglo om nooit ‘n optrede te begin terwyl die maan besig is om te kwyn nie.”

Oor haar werksverhouding met Willie Esterhuizen, onthou sy hoe sy hom as danser ontmoet het. Hy het besluit om ‘n film te maak oor ‘n moderne gesin en hoe hulle in werklikheid uitgebeeld word. Dit was die ontstaan van die destydse gewaagde film, Lipstick Dipstick.

Sy gesels ook oor haar sketse.

“Dit is belangrik vir ‘n mens om versigtig met sosiale media moet wees. Ek het ‘n skets van ‘n vrou wat op sosiale media ‘n inskrywing gemaak het dat sy en haar man gaan skei. In die kommentaarafdeling het familie en vriende na aan die paartjie, dit goedgedink om hulle ware gevoelens uit te spreek, totdat die vrou besef het sy het ‘n spelfout gemaak, en eintlik wou skryf hulle gaan inderwaarheid ski, en nie skei nie. ”

Die Teater Bystandsfonds, vertel sy, is ‘n manier hoe mense in die kunste finansieel gehelp word indien hulle nie kan werk nie. Dit sluit nie net die akteurs in nie, maar ook almal wat agter die skerms werk.

“As elkeen in sy eie sektor of bedryf die verantwoordelikheid neem om mekaar te help, sal ons nie ‘n regering nodig hê nie. Ons is verantwoordelik vir ons eie welvaart, veral in die kunste.”

Sy sluit af deur te sê elkeen moet leef soos hy bedraad is, anders pleeg hy basies selfmoord.

“Wanneer jy iemand anders dwing om anders te leef as wat hy bedraad is, pleeg jy basies moord. Moenie vergeet waar jy begin het en waar jy vandaan kom nie. Leef jou talente uit.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Tanaiya Lees

"Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer. She holds a Diploma in Journalism and is passionate about sharing authentic stories and making a positive impact through those stories. Although her journey in journalism was unexpected, she found herself drawn to it from the very beginning. Despite an initial career in Digital Marketing and Communications, she has recently reignited her passion for journalism and is excited to be back in the field she loves. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that.

Related Articles

Back to top button