Local News

Ruben Venter: Sewe jaar later

Ruben Venter floreer ondanks die Beckwith-Wiedemann Sindroom (BWS) waarmee hy gebore is.

POLOKWANE – Nege jaar gelede is Ruben Venter met Beckwith-Wiedemann Sindroom (BWS) gebore en vandag is hy ‘n gelukkige jong seun. BWS is ‘n toestand waarin die tong buitengewoon vergroot is.

Ruben se ma, Monique, sê na sy operasie om sy tong te verklein, het hy begin praat en het sy gesondheid verbeter. Dié operasie het op sy eerste verjaarsdag plaasgevind.

“Ruben is twee maande te vroeg gebore en voor sy geboorte het die dokters geen onraad vermoed nie. Die toets vir BWS is ‘n spesifieke toets wat gedoen moet word, maar aangesien ons nie van die sindroom geweet het nie, het ons nie die toets laat doen nie.”

Voor sy operasie was Ruben meer vatbaar vir siektes, veral longontsteking. Hy het ook gesukkel om te eet en drink en vreeslik gesnork, soms selfs opgehou met asem haal.

“Hy is heelwat minder opgeneem in die hospitaal en sommer baie frisser as altwee sy boeties, een wat ‘n jaar jonger is en een van ouer is. Ouboet moet maar sterk staan teen hom. Hy slaap baie goed, maar loop en praat so baie sy slaap tot groot vermaak vir die res van die familie.”

Die Venter familie het intussen na Modimole verhuis waar Ruben in Laerskool Nylstroom skoolgaan.

Monique vertel hy blink akademies en op die rugbyveld uit en is gewild onder sy onderwysers en afrigters

“Hy het sy talent in musiek ontdek en begin om die boere konsertina onder leiding van Oom Danie Grey te speel.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button