Local News

HPP klink glasie op wynveiling

Sowat 180 gaste het hul aanddrag afgestof en in die Pierneefsaal vergader vir die spoggeleentheid met die tema, kunsgallery.

MOKOPANE – Sedert 2012 hou Hoërskool Piet Potgieter jaarliks ‘n wynveiling as deel van die skool se fondsinsamelingstrategie.

Daar was wel die twee jaar van die Covid-pandemie wat die skool se planne egter in die wiele gery het, maar verlede Vrydagaand was die 11de wynveiling aangebied en wat ‘n reuse sukses was dit nie!

Sowat 180 gaste het hul aanddrag afgestof en in die Pierneefsaal vergader vir die spoggeleentheid met die tema, kunsgallery.

Sowat 180 gaste het die aand lekker saam gekuier.

Produkte van Jakkalsvlei, die Oranjerivier Wynkelders, Saronsberg en nog vele meer wyne was ten toon gestel.

Pieter-John Venter het opgetree as die aand se afslaer en die mense behoorlik op die punte van hul stoele gehad.

Die hoogste bod is toegestaan op die produkte van Rust en Vrede Landgoed.

Pieter-John Venter het sy word gestand gedoen as afslaer en kon die skool help om ‘n hele paar rand in te samel.

Jannie en Ellen Engelbrecht het Rust en Vrede in 1977 bekom en dadelik met ‘n volledige restourasie van die landgoed begin.

Eers het hul die oorspronklike wynmakery gerestoureer en toegerus en in 1978 het Jannie die eerste oesjaar van die modern era gemaak.

‘n Uitgebreide wingerdheraanplanting het ook plaasgevind en die fokus is geplaas op die Cabernet Sauvignon, Syrah en Merlot.

‘n 2021 Cabernet Sauvignon, ‘n bottle 2021 Syrah, ‘n bottle 2018 potstil brandewyn (12 jaar oud), ‘n bottel 2018 Syrah en ‘n 2018, 1694 Classification was opgeveil vir R11 000.

Die produkte is uitgestal vir almal om te besigtig voor die veiling begin.

Die Limpopo Sjefsakademie het gesorg vir watertandlekker maaltye soos hoender escolope bedien met pico de gallo en papadum crisps, stadig geroosterde varkpens, suurkool, volgraan mostert, babawortels en pomme puree en vir nagereg was daar rooifluweel borrelwafel met vars jogurt en bessie.

Dit was ‘n aand van lekker kuier en baie lag.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

 
Back to top button