Local News

Knap Katrien skitter op sportgebied

Katrien Visser het onlangs 'n eerste plek losgedans in die Royal Academy of Dance se noordelike streekspaneel balleteksamen.

MOKOPANE – Katrien Visser, ‘n gr. 2-leerder aan Laerskool Krugerpark het geen bekendstelling nodig nie.

Bosveld het verlede jaar oor Katrien se prestasies op die atletiekveld berig, en sy bly ‘n voorbeeld van talent en deursettingsvermoë.

Sy het onlangs ‘n eerste plek losgedans in die Royal Academy of Dance se noordelike streekspaneel balleteksamen.

Katrien Visser spog met haar balletsertifikaat.

Sy is ‘n student by Nedene van Niekerk se balletskool, en is een van die dansers wat tydens verlede jaar se internasionale balleteksamen gekies is as onder die beste presteerders in Limpopo in die verskillende dansgrade.

Sy het algeheel eerste geëindig in die provinsie in die Primary in Dance-graad afdeling.

Van Niekerk vertel dat hierdie prestasie inderdaad ‘n baie groot prestasie is, en sy baie trots op Katrien is wat haar eksamen met onderskeiding afgelê het.

“Na die jaarlikse eksamensessie elke jaar, word slegs ‘n paar dansers wat die hoogste punte van elk van die grade na daardie sessie behaal het deur die Limpopo ‘Royal Academy of Dance’-paneel gekies.”

Twee van Katrien se spanmaats, Xiluva Chauke en Kgalalelo Khotsa eindig derde plek in die Primary in Dance Special Mention-kategorie.

Katrien is egter nie net ‘n baie talentvolle ballerina nie, maar ook ‘n kranige atleet, netbalspeler en gimnas. Sy het onlangs ‘n algehele derde plek by die Limpopo gimnastiekkampioenskappe behaal. Sy verwerf ‘n silwer medalje met ‘n telling van 34.6 punte en kwalifiseer vir Limpopokleure om in Junie aan die soneskompetisie deel te neem.

Haar ouers is baie trots op haar, en vertel dat hulle nie kan glo dat Katrien so floreer op sportgebied nie.

Hou so aan, Katrien!

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button