Local News

Henlo (2) het hulp nodig

Henlo de Jager (2) is met Hirschsprung se siekte gebore, waar 'n gedeelte van die spier in sy dermkanaal geaffekteer word.

POLOKWANE – Dit is ‘n skaam, tengerige seuntjie met ‘n vuis voor sy regteroog wat my by die voordeur ontmoet.

Henlo de Jager (2) se arms gaan dadelik uit na sy ouma, Judy, om hom op te tel. Sy boetie, Tylen, is net ‘n jaar jonger, maar aansienlik groter as Henlo.

Henlo is op 28 weke gebore en het net 1.3kg geweeg nadat sy ma, Celia, probleme met haar baarmoeder ondervind het. Sy het Tylen die volle termyn gedra.

“Ons het ons eerste baba met ‘n miskraam verloor en is dankbaar dat Henlo vir ons gespaar is,” vertel Celia.

Henlo is met Hirschsprung se siekte gebore, waar ‘n gedeelte van die spier in sy dermkanaal geaffekteer word. Judy vertel hy het reeds sy eerste operasie op die ouderdom van vier weke gehad.

Hy is in Witbank Provinsiale Hospitaal gebore waar al sy operasies uitgevoer is.

“Hy het ‘n stomasakkie gekry en verlede jaar Januarie is die stukkie wat nie werk nie, vervang. Hulle sou ‘n omkeeroperasie in Junie doen, maar moes toe weer die derm vervang. Hy het snymerke regoor sy maag, en hy het nie ‘n naeltjie nie. Hy was baie siek na die operasie, maar is slegs ‘n week na die prosedure ontslaan. Nog ‘n week later toe moes ons met hom terug jaag ongevalle toe.”

Henlo dra nog doek aangesien sy stoelgang nie normaal is nie. Sy derm is vernou en Celia moet elke aand vir hom tipe setpil gee. Hy moet binnekort na Steve Biko Hospitaal sodat dokters kan kyk of die huidige behandeling voldoende is.

“As sy derm nie die regte grootte is nie, gaan hy terug teater toe vir ‘n stomasakkie. Dit sal hy dan vir die res van sy lewe moet dra. Dit werk baie duur uit en die pleister maak sy vel baie sensitief,” sê Judy.

Behalwe vir sy dermprobleme sukkel Henlo ook met sy oë.

“Die oftalmoloog het verduidelik het ‘n katarak op sy regteroog en moet geopereer word. Dit gaan ongeveer R21 500 beloop. Na die operasie sal hy ook ‘n bril moet dra. Sy regteroog is baie sensitief. Hy het maar onlangs eers begin loop,” sê Judy.

Henlo en Tylen is soos twee tipiese boeties, speel soms saam en baklei soms saam.

Judy sê behalwe vir Henlo se skaam kant, kan hy met tye snaaks wees en is hy ‘n baie liefdevolle kind.

Enige een wat ‘n bydra kan maak, kan die volgende bankbesonderhede gebruik:
Rekening: JC de Jager.
Capitec spaarrekening.
Rekeningnommer: 1280170598

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon. – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button