Local News

Veteraan joernalis Phillip van der Walt se afsterwe betreur

Phillip van der Walt se afsterwe op 6 Mei laat nie slegs 'n leemte in die lewe van sy familie nie, maar in die mediabedryf vir kollegas en vriende.

POLOKWANE – Op 1 Maart 1980 stap Phillip van der Walt (67) by die SAUK in, waar hy oor die volgende 39 jaar verskeie poste sou beklee.

Sy afsterwe op 6 Mei laat nie slegs ‘n leemte in die lewe van sy familie nie, maar in die mediabedryf vir kollegas en vriende.

Volgens sy dogter, Louise Cousins, het hy onder andere as verslaggewer en joernalis gewerk.

“Sy laaste pos voor hy op 31 Desember 2019 afgetree het, was senior joernalis.”

Phillip het ‘n groot deel van sy kinderjare in Amanzimtoti deurgebring en het sy skoolloopbaan by Kuswag HoĆ«rskool voltooi.

“Hierna is hy weermag toe voor hy by die SAUK aangesluit het.n Na my pa se aftrede het hy baie tyd daaraan spandeer om sy kennis oor musiek, kultuur, finansies en die Bybel te verryk. Hy het baie daarvan gehou om vriende by sy huis te onthaal, om uit te gaan eet en ‘n bier saam met sy vriende te geniet. Hy was ook betrokke by sy kerk die Gereformeerde Kerk Pietersburg. Hy was ‘n gereelde deelnemer aan die Parkrun en het sy 100ste wedloop voltooi.”

Louise onthou haar pa as talentvol en kreatief, ‘n man van sy woord.

“Hy was baie lief vir mense en sou uit sy pad gaan om ander te help. Hy was ook ‘n diepgelowige mens, ‘n denker en kon vir ure oor alles sit en gesels.”

Sy sĆŖ voorts dat haar pa baie lief was vir sy kinders, hulle eggenote en veral vir sy kleinkinders. Een van die vele dinge wat hulle by hom geleer het, is om hard te werk en almal gelyk te hanteer.
Phillip het drie kinders, Louise, Karel en Riaan.

Riaan is in 2014 oorlede toe hy en Phillip met vakansie in Umdloti, KwaZulu-Natal was en deur ‘n stroom meegesleur is.

Louise onthou: “My pa het alles probeer het om Riaan te red maar dit was te vergeefs en het hy amper self verdrink.”

Jaco Mostert, ‘n vriend en mede-Parkrunner sĆŖ Phillip se dood kom as ‘n groot skok.

“Hy was baie betrokke by die Parkrun en ons sal hom beslis mis.”

Phillip word oorleef deur sy kinders, Louise en Karel, hulle eggenote Reghard en Cheri en twee kleinkinders, Mia en Marco.

Sy roudiens is op 10 Mei vanuit die Gereformeerde Kerk Pietersburg gehou.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

 
Back to top button