Anne Atkinson (92) môre ter ruste gelê

Atkinson is onlangs na ‘n lang siekbed oorlede

POLOKWANE – Die 92-jarige Anne Atkinson (gedoop Anna Johanna Meyer) is na ‘n siekbed op 30 Oktober oorlede.

Sy word oorleef deur haar vier kinders, Eddie Moulder, Santa Parsons, Amanda Allison en Marian Rossouw, asook vele kleinkinders en agterkleinkinders.

Haar begrafnis vind môre om 10:00 vanuit die Lede in Christus Kerk in Polokwane plaas.

Die diens sal deur Pastoor Christo van Rooijen gelei word.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version