Inwoners skoffel lekker saam by die Skaap en Skoffelfees

Die organiseerders van die geleentheid, Yolandie Peters en Jaenette Jacobs sê hulle was beïndruk met die opkoms, en baie dankbaar vir elkeen wat die pret kom opsoek het.

POLOKWANE – Inwoners oud en jonk het die naweek die Skaap en Skoffelfees wat by General Piet Joubertskool se sportgronde gehou is, bygewoon.

Carol en Simi Promnitz is deel van Cowboys and Fairys.

Uitstallers het hulleself goed geposisioneer om die maksimum blootstelling uit feesgangers te kry, met biltong, organiese produkte, boetiekklere, verversings en selfs perderitte op die inkopiespyskaart.

Sonja Janse van Vuuren.

Bekende Afrikaanse kunstenaars, Arno van der Hoff, Djackalaas en Bolv Boere Orkes, Francois Jacob, Elizma Theron, Liezel Pieters, Sorina Flooze, Ivan Roux, Dodo, Heidi, J Morgan, Adam, Nicholis Louw, Loufi en Gerhard Steyn was groot trekpleisters, terwyl Didi, Dienkie en Doedels en die Tjominis die kinders besig gehou het.

Mariette Laas en Melani le Roux bemark organies produkte.

Stoei- en boogskietkompetisies was ook deel van die vermaakprogram.

Deolandre de Jager (Didi), Dienkie en Doedels vermaak kinders.

Die organiseerders van die geleentheid, Yolandie Peters en Jaenette Jacobs sê hulle was beïndruk met die opkoms, en baie dankbaar vir elkeen wat die pret kom opsoek het.

Dries van Dyk verkoop leëritems.

“Dankie, Polokwane vir julle ondersteuning. Hierdie fees sou nie moontlik gewees het as dit nie vir elkeen was wat ‘n kaartjie gekoop het nie,” het Peters almal bedank.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version