Local News

N.G Kremetart Lentemark lok talle

Die reuk van pannekoek en kaneel, vetkoek en vleis op die kole vermeng om die hongerpyne aan te wakker.

POLOKWANE – Die jaarlikse N.G. Kerk Kremetart (voorheen N.G. Kerk Oosgemeente) se Lentemark is iets waarna daar reeds van vroeg af in die jaar uitgesien word.

Dit is by hierdie mark waar vriendskapsbande weer opgetel word, Kersgeskenke gekoop word en nuwe vriende gemaak word. So is dit ook weer hierdie jaar die geval en vanaf 25 Oktober is die mark se deure reeds oop, tot op 4 November om 19:00.

Met ‘n teetuin met varsgebak en die heerlikste koffie, word ‘n vinnige hallo-sê sommer ‘n middagkuier. Die reuk van pannekoek en kaneel, vetkoek en vleis op die kole vermeng om die hongerpyne aan te wakker.

Nelie Vercueil en Marie Kotze kuier gesellig.

Die roete deur die stalletjies hou jou geïnteresseerd, met plante, klere en juwele om net ‘n paar items te noem. Vir die kinders is daar speelgoed, opvoedkundige speelgoed en aktiwiteitspakkies. Die tweedehandse boeke is gewild en oud en jonk kan daar rondsnuffel.

Hierdie jaar spog die mark met baie nuwe uitstallers wat elkeen iets uniek bied.

George en Renita Klopper tussen die stalletjies.

Met ‘n veiling en beloofde vakansies wat gewen kan word is die mark die een plek waar almal ‘n draai moet gaan maak.

“Ek maak seker dat ek elke jaar by die mark uitkom. Die atmosfeer is gesellig en dit is lekker om weer al die ou gesigte te sien,” het tannie Emsie de Klerk, een van die besoekers, opgemerk.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button