Ondersteun Helpende Hand se Skooltassieprojek

Help identifiseer ‘n kind wat kwalifiseer om ‘n skooltas te ontvang, of dra by tot die borgskap van ‘n tas met skryfbehoeftes.

POLOKWANE – Ouers met skoolgaande kinders weet hoeveel jaarliks aan skryfbehoeftes spandeer word.

Veral gr. 1-leerders kry alles vir die eerste keer – van ‘n potlood tot die uitveër en skerpmaker. Ongelukkig is dit nie alle ouers beskore om in hierdie behoeftes te voorsien nie.

By Solidariteit Helpende Hand verstaan hulle die situasie en so het hulle reeds in 2007 die Skooltassieprojek gestig.

Skole en onderwysers van gr. R-leerders moet die aanlynaansoekvorm voltooi en hierdie onderwysers moet toekomstige gr. 1-leerders identifiseer en nomineer.

Die skool stuur dan die vrywaringsvorm aan die ouers van die leerders wat genomineer is om skooltassies te ontvang en sodoende gee die ouers toestemming vir hulle kind om ‘n tassie te ontvang en dat die leerder se naam aan Helpende Hand en ook aan die voornemende laerskool bekendgemaak kan word.

Daar is ‘n keuringsproses waarna die afleweringsvorm na al die laerskole met voornemende kwalifiserende gr. 1’s gestuur. Dié moet vir afleweringsdoeleindes ingevul word. Die lys met name van kinders wat tassies moet ontvang word aan die skool gegee, sodat die gr. 1’s betyds hulle tassies kan kry.

Kriteria:
• Gr. R-leerders wie se ouers nie op ’n gereëlde basis skoolgelde betaal nie;
• Gr. R-leerders wat deur ’n maatskaplike werker as behoeftig geïdentifiseer is;
• Gr. R-leerders wat deel van die skool se voedingskemaprojek is.
• Gr. R-leerders wat deur ’n Helpende Handverteenwoordiger of -vennoot (kerke en organisasies in die gemeenskap) as behoeftig geïdentifiseer is.

Besoek Helpende Hand se webwerf en vul die aansoekvorm so volledig as moontlik in.

Individue en besighede kan een of meer tassies borg teen R450 ‘n tassie.

Om ‘n tassie te borg besoek Helpende Hand se webwerf.

Indien u oor enigiets onseker is, stuur gerus ‘n e-pos aan danelle@helpendehand.co.za.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version