Local News

Kleurvolle N1-brug op Maribashoek kleinhoewepad

Die belangstelling het gegroei en 'n gretige groep is gestig met kunstenaars soos die alombekende Madonna en ander beginnerkunstenaars.

LIMPOPO – Die N1-brug op die Maribashoek kleinhoewepad is al ‘n geruime tyd ‘n seeroog vir inwoners. Die brug is al verskeie kere geverf, waarna boosdoeners bloot kom en die kunswerke ontsier.

“Ek het al vir ‘n geruime gevoel dis tyd om vir die brug ‘n nuwe baadjie aan te trek, maar mense kom net nooit bymekaar nie,” verduidelik Hendriëtte Williams, ‘n inwoner.

Die kunswerke wat op die brug se mure geverf is.

Sy voeg by dat Carike Jordaan haar genader het met die versoek dat hul saamwerk om ‘n span bymekaar te kry wat die brug weer ‘n nuwe baadjie kan gee.

Die kunswerke wat op die brug se mure geverf is.

“So ook het Marelize van der Merwe wat fotografie doen, my uit die bloute gebel en gevra wie kan help dat ons die brug oorverf.”

Die belangstelling het gegroei en ‘n gretige groep is gestig met kunstenaars soos die alombekende Madonna en ander beginnerkunstenaars soos Carike, Daniel, Simon, Masego, Meinhardt, Boorhan en Sandra wat hul talente wil uitleef.

Die kunswerke wat op die brug se mure geverf is.

“Ons het idees uitgeruil en inwoners het saam met hul werkers ingespring en die omgewing rondom die brug skoongemaak.”

Die kunswerke wat op die brug se mure geverf is.

Hendriëtte sê dat haar studente van Ton Futur die mure geskrop het en ‘n basies laag geverf het oor die ou verfstukke. “Hierna het die kunstenaars begin verf. Elkeen met sy eie talent en entoesiasme, en ons brug het weer lewe en nuwe kleur.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button