Frogfoot sewes haal beste uit rugbyspelers

Die gewilde Frogfoot 7’s rugbytoernooi vind regoor die land plaas en in Limpopo speel Tom Naudé en Curro Heuwelkruin gasheer vir die spanne.

POLOKWANE – Dit was met groot opwinding en afwagting wat busse vol rugbyspelers Saterdagoggend by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé opgedaag het.

Ou vriende van verskillende skole het mekaar hartlik gegroet voor die Frogfoot 7‘s rugbytoernooi kon begin.

Terwyl die spelers opwarm, word daar braaivleisvure aangesteek en weerklink die musiek oor die luidsprekers.

Marius Nel van Heuwelkruin word platgetrek.

Die gewilde Frogfoot 7’s rugbytoernooi vind regoor die land plaas en in Limpopo speel Tom Naudé en Curro Heuwelkruin gasheer vir die spanne.

Die o/15’s ding op Heuwelkruin se velde mee terwyl die o/17’s op Tom Naudé se velde gewys het waar Dawid die wortels begrawe het.

Die wedstryde is deurentyd lewendig uitgesaai met deurlopende kommentaar en mini-onderhoude met die spelers.

Deelnemende skole was Tom Naudé, Hoërskool Pietersburg, Heuwelkruin, Northern Academy High School, Hoërskool Piet Potgieter, Hoërskool Ben Viljoen, Hoërskool Ben Vorster, Hoërskool Merensky, Hoërskool Frans du Toit, Hoërskool Louis Trichardt, Hoërskool Nylstroom, Hoërskool Frikkie Meyer, Hoërskool Hans Strijdom en Hoërskool Ellisras.Tydens die toernooi is daar na elke wedstryd ‘n speler van die wedstryd aangewys.

Andries Randani Gabara van Northern Academy hardloop met die bal.

Polokwane se spelers van die wedstryd sluit in JW Dreyer (PHS), Lebogang Aphane (Tom Naudé), Reghardt Ferreira (PHS), Fortune Sehlabane (Tom Naudé), Ian van der Merwe (Tom Naudé), Zuan Labuschagne (PHS),

Pontzo Selowa van Ben Vorster is aangewys as speler van die toernooi.

Uitslae:
o/15:
• Skildwenners: Heuwelkruin.• Bak (Bowl) wenners: Ben Viljoen.
• Plaatwenners: Merensky 1.
• Bekerwenners: Ben Vorster.
o/17:

• Skildwenners: Piet Potgieter.
• Bak (Bowl) wenners: Louis Trichardt.
• Plaatwenners: Ellisras.
• Brons medalje: Tom Naudé.
• Silwer medalje: Ben Vorster.
• Bekerwenners: Hoërskool Pietersburg.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version