Local News

As alles te veel word: Ken die tekens

Teen die agtergrond van Wêreld Selfmoordvoorkomingsdag op 10 September, het Polokwane Observer met kliniese sielkundige Zelda Buitendag gesels oor aspekte van selfdood en hoe hierdie tragedie voorkom kan word.

POLOKWANE – Die stad is voorverlede week geskok gelaat deur die selfdood van ‘n plaaslike tienerseun.

Lees meer: PHS-leerder se dood betreur

Aangesien daar ‘n stigma rondom die woord ‘selfmoord’ ontwikkel het, word die woord ‘selfdood’ in hierdie artikel gebruik. Die woorde het egter dieselfde betekenis.

Teen die agtergrond van Wêreld Selfmoordvoorkomingsdag op 10 September, het Polokwane Observer met kliniese sielkundige Zelda Buitendag gesels oor aspekte van selfdood en hoe hierdie tragedie voorkom kan word.

“Selfmoordvoorkoming is ‘n versameling pogings om die risiko van selfdood te verminder. Selfdood is gewoonlik voorkombaar en die pogings om dit te voorkom, lê by die individu, die verhoudings waarin hulle is, die gemeenskap en samelewing. Selfdood is ‘n ernstige openbare gesondheidsprobleem wat ‘n langdurige uitwerking op individue, gesinne en gemeenskappe het.”

Sy verduidelik verder dat die voorkoming van selfdood strategieë op alle vlakke van die samelewing vereis. “Dit sluit in voorkoming en beskermende strategieë vir individue, gesinne en gemeenskappe.”

Sy vertel ook voorts van waarskuwingstekens.

Behalwe direkte ingrypings om ‘n naderende selfdood te stop, kan dit ook die volgende insluit:

• die behandeling van geestesongesteldheid.
• die verbetering van hanteringstrategieë van mense wat in gevaar is.
• die vermindering van risikofaktore vir selfdood, soos dwelmmisbruik, armoede en sosiale kwesbaarheid.
• om mense hoop te gee vir ‘n beter lewe nadat huidige probleme opgelos is.
• ‘n selfdoodblitslynnommer te bel

“Algemene pogings sluit maatreëls in op die gebied van medisyne, geestesgesondheid en openbare gesondheid, omdat beskermende faktore soos sosiale ondersteuning en sosiale betrokkenheid asook omgewingsrisikofaktore soos toegang tot dodelike middele, ‘n rol speel in selfdood. Selfdood is nie net ‘n mediese of geestesgesondheidskwessie nie.”

Waarskuwingtekens:

Waarvoor jy kan uitkyk:

• Ernstige hartseer of buierigheid. Dit sluit in langdurige hartseer, buierigheid en onverwagse woede.
• ‘n Gevoel van hooploosheid. Jy voel ‘n diep gevoel van hopeloosheid oor die toekoms, met min verwagting dat omstandighede kan verbeter.
• Slaapprobleme.
• Skielike kalmte. Die skielik kalm raak na ‘n tydperk van depressie of buierigheid kan ‘n teken wees dat die persoon ‘n besluit geneem het om hul lewe te beëindig.
• Ontrekking en die keuse om alleen te wees en vriende of sosiale aktiwiteite te vermy asook moontlike simptome van depressie, is ‘n hoofoorsaak van selfdood. Dit sluit die verlies van belangstelling of plesier in aktiwiteite wat die persoon voorheen geniet het.
• Veranderinge in persoonlikheid of voorkoms. ‘n Persoon wat selfdood oorweeg, kan ‘n verandering in hulle houding of gedrag toon, soos praat of beweeg met ongewone spoed of stadigheid. Daarbenewens kan die persoon skielik minder bekommerd raak
oor hul persoonlike voorkoms.
• Gevaarlike of selfskadelike gedrag. Potensieel gevaarlike gedrag, soos roekelose bestuur, deelname aan onveilige seks en die verhoogde gebruik van dwelms of alkohol, mag dui dat die persoon nie meer waarde aan hul lewe heg nie.
• Onlangse trauma of lewenskrisis. ‘n Groot lewenskrisis kan ‘n selfdoodpoging veroorsaak. Krisisse sluit in die dood van ‘n geliefde of troeteldier, die einde van ‘n verhouding, die diagnose van ‘n ernstige siekte, verlies van ‘n werk, of ernstige finansiële probleme.
• Maak voorbereidings. Dikwels sal ‘n persoon wat selfdood oorweeg, begin om hul persoonlike besigheid in orde te kry. Dit kan die besoek van vriende en familielede insluit, persoonlike besittings weggee, ‘n testament opstel en hul kamer of huis skoonmaak Sommige mense sal ‘n nota skryf voordat hulle hul eie lewe neem. Sommige sal ‘n vuurwapen of ander middele soos gif aanskaf.
• Die persoon dreig of praat oor selfdood. Van 50% tot 75% van diegene wat selfdood oorweeg sal waarskuwingstekens gee sodat iemand, ‘n vriend of familielid, dit sien. Dit is dalk nie ‘n volslae bedreiging nie, hulle praat dalk buitengewoon baie oor die dood of sê dinge soos ‘dit sou beter wees as ek nie hier was nie.”

Nie almal wat selfdood oorweeg sal egter daaroor praat nie, en nie almal wat met selfdood dreig, sal dit volg nie.

Elke bedreiging van selfdood moet ernstig opgeneem word.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button