Local News

‘Bid saam vir ons Gavin’

Gavin van Kasterop (2), wat met leukemie gediagnoseer is, se ouers sê hulle glo in die krag van gebed, en het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om saam te bid vir hulle jong seun.

POLOKWANE – Die jong Gavin van Kasterop (2) is reeds meer as twee weke in die hospitaal nadat hy met leukemie gediagnoseer is.

Hy is in die Tough Living with Cancer (TLC)-saal by die Pietersburg Provinsiale Hospitaal opgeneem waar hy chemoterapie begin ontvang het.

Lees ook: Hulp gevra vir 2-jarige Gavin wat aansterk in TLC-eenheid 

Dit het aanvanklik goed gegaan, maar ‘n paar dae gelede is die terapie stopgesit aangesien Gavin se teenliggaamtelling baie laag is.

Dit sou beteken die chemoterapie breek net nog meer teenliggaamselle af en dus kan dit nie die virus- en bakterie-infeksies keer nie.

Gavin se ma, Marlize sê hy het Maandag ‘n bloedoortapping ontvang.

“Ons sou die uitslae van sy infeksietelling ook gister gekry het, maar ons het nog nie, en ons glo dit beteken goeie nuus. Jesus is wonderlik en ons glo en bid en weet ons is naby die einde van hierdie berg. Gavin is ‘n vegter en ons weet hy gaan deurdruk tot hy gesond is. Ons as ouers het seer vir sy onthalwe, maar ons is vol vertroue dat die Here hom gaan gesond maak.”

Gavin is in ‘n geïsoleerde kamer waar Marlize dag en nag by hom sit.

Die gesin het ‘n pleidooi gelewer, en gevra vir gebede vir Gavin.

“Ons glo met gebed sal hy, en ander kinders, genees word. Ons vra die gemeenskap om saam met ons te bid.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon. – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button