Local News

Wit kruise volgende week geplant by monument

Honderde wit kruise wat vermoorde boere verteenwoordig is op dié gedenkterrein geplant en elke jaar groei dié getal.

POLOKWANE – Plaasaanvalle is ‘n onderwerp wat deesdae byna weekliks nuus maak.

Volgens AfriForum het ten minste 77 plaasaanvalle in die eerste drie maande van die jaar gebeur, en nege moorde is in hierdie tyd gepleeg. Die Witkruis Monument teen die hange van Ysterberg is enig is sy soort – dit bestaan uit wit kruise wat in ‘n kruisvorm in die grond geplant is.

Honderde wit kruise wat vermoorde boere verteenwoordig, is op dié gedenkterrein geplant en elke jaar groei dié getal.

Daar word jaarliks ‘n saamtrek gehou waartydens die monument opgegradeer word, en vanjaar sal dit op 15 en 16 September geskied.

In Augustus het ‘n groep vrywilligers die monument gaan skoonmaak en herstelwerk aangebring soos nodig.

Op 15 September open die hekke om 17:00 en die formaliteite begin om 18:00. Formaliteite sluit in die onthulling van 2023 se kruise, waarna Danie van der Westhuizen en Dean Chancy as sangers sal optree. Die sprekers sluit in Chris Harmse, Francois van der Merwe en Frik Wentzel.

Die organiseerder van die naweek, Chris Harmse, sê die naweek gaan oor die slagoffers en hulle families en dat die sprekers en sangers net bysaak is.

Die Saterdagoggend begin met ‘n optog vanaf Caltex The Ranch Resort N1 om 08:00. Die optog ry van hier tot by die monument, waarna die verrigtinge gaan begin. Daar sal ‘n spreker wees en ‘n huldeblyk aan Lita Fourie, stigterslid van die monument, en na die oorhandiging van die kruise en die kanon wat afgevuur word, is daar ‘n Last Post Eerbetoon en vind die planting van kruise plaas.

Enigiemand is welkom om die verrigtinge by te woon, bring net jou kampstoel saam. Daar sal stalletjies met verversings wees, maar jy kan ook jou eie mandjie bring.

Chris kan by 060 713 5306 gekontak word vir meer inligting.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button