Local News

Verbly ‘n Kersfeeshart met dié skoenboks

Lesers wat betrokke wil raak kan met Santa Shoebox koördineerder, Melissa Sterckx, in verbinding tree

POLOKWANE – Kersfees is ‘n tyd waarna baie kinders uitsien: ‘n Kersboom, versierings, lekker kos en natuurlik – geskenke.

Ongelukkig is daar ook kinders vir wie dié tyd nie iets is om na uit te sien nie. Hulle huislike omstandighede is nie van so aard dat daar nie ‘n boom, versierings, kos of selfs ‘n geskenk gaan wees nie.

Dit is waar Santa Shoebox en die gemeenskap ‘n groot verskil landwyd maak.

Santa Shoebox gee reeds die afgelope 17 jaar geskenke aan minderbevoorregte kinders, regoor die land.

Lesers wat betrokke wil raak kan met Santa Shoebox koördineerder, Melissa Sterckx, in verbinding tree. Sy verduidelik dat elke skoenboks die volgende items bevat: tandepasta, ‘n tandeborsel, seep, ‘n waslap, ‘n kledingstuk, ‘n opvoedkundige produk, ‘n pakkie lekkers en ‘n speelding.

“Maak seker die speelgoed is ouderdom-toepaslik en sal nie vir ‘n lekkerny aangesien word nie.”

Lesers word na die Santa Shoebox webwerf, santashoebox.org.za, verwys om te registreer om deel te wees van dié veldtog.

“Lesers kan reeds van 1 September af registreer. Hier dui jy dan aan hoeveel bokse jy wil skenk, of dit vir ‘n seun of meisie is en hoe oud die kind is. Mense is welkom om ook in span verband deel te neem.”

Die bokse word op 27 Oktober tussen 14:30 en 17:00 en 28 Oktober tussen 08:00 en 16:00 by PEMPS afgegee.

Riglyne:

1. Die skoenboks moet 20x34x11cm groot wees.

2. Dit kan mooi versier word.

3. Heg ‘n Santa Shoebox etiket aan. Dit is op die webwerf te kry.

4. Al die bogenoemde items móét in die boks wees.

5. Sit ‘n rekkie om die boks om alles mooi bymekaar te hou.

Vir enige verdere navrae, kontak die Santa Shoebox koördineerder, Melissa Sterckx by 072 715 5484 of melissasterckx@santashoebox.org.za.

Die webwerf is santashoebox.org.za.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

 

Related Articles

Back to top button