Local News

Ruim skenking vir La Wiida Leersentrum

Die eienaar van La Wiida, Valerie O'Reilly, het onlangs nuwe klasse aangebou en die gebou beter ingerig vir dié behoeftes.

POLOKWANE – Bo in Rabestraat agter in ‘n erf, is daar ‘n spesiale skool met baie spesiale leerders en baie spesiale personeel.

Dit is die La Wiida Leersentrum, waar kinders met verskillende gestremdhede daagliks geleer en gestimuleer word. Vier personeellede versorg die 12 leerders en maak seker daar word na al hulle behoeftes omgesien.

Die eienaar van La Wiida, Valerie O’Reilly, het onlangs nuwe klasse aangebou en die gebou beter ingerig vir dié behoeftes.

Verlede Woensdag het die Tafelronde Pietersburg 22 en Limpopo Toyota geld aan La Wiida oorhandig wat hulle reeds in Februarie ingesamel het.

“Die jaarlikse Tafelronde Pietersburg 22 en Limpopo Toyota Gholfdag het in Februarie plaasgevind. Hier het ons R100 000 ingesamel wat ons aan die La Wiida Leersentrum skenk. As Tafelronde is ons dankbaar, want sonder Limpopo Toyota sou ons dit nie kon bymekaar bring nie,” het Dawid van der Walt, Tafelronde Pietersburg 22 tesourier, gesê.

O’Reilly het haar dankbaarheid teenoor Tafelronde uitgespreek: “Ons moes hierdie jaar ons eie gholfdag kanselleer, en is dus baie bly vir die skenking.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button