21 Kersies vir Kierieklapper Kunstefees

Van die feesgangers vertel dat die kwaliteit van die stalletjies vanjaar vir hulle beter was as die vorige jaar, en iets vir elkeen aangebied het.

MOKOPANE – Die Kierieklapper feesterrein was behoorlik ‘n fees vir die oog verlede naweek toe inwoners en besoekers van heinde en ver die fees kom ondersteun het.

Francois Bouwer aan die sing.

Die fees het vanjaar sy 21ste bestaansjaar gevier.

Verlede Donderdagaand het die fees afgeskop met die Magda Louw-produksie in Hoërskool Piet Potgieter se skoolsaal waar sy gesorg het dat die gaste se lagspiere geprikkel word.

Lees ook: FOTO’S: Kierieklapper Kunstefees ‘n groot sukses

Op die feesverhoog was die drie manne van JAN JAN JAN, Riaan Benade, Early B, Ivan Roux en Jo Black ‘n groot trekpleister.

Die gehoor is gaande oor Early B se musiek.

Daar was natuurlik ‘n hele paar hoogtepunte wat die fees opgelewer het soos die dames van die Lyndans, die trompoppies van Mokopane Primary School asook Laerskool Krugerpark, en die danser van Z’s Dansskool.

Z’s dans groep Vermaak die gehoor met hul dans pasies.

Van die feesgangers vertel dat die kwaliteit van die stalletjies vanjaar vir hulle beter was as die vorige jaar, en iets vir elkeen aangebied het.

Die yskoue weer het pretdrafdeelnemers vroeg Saterdagoggend nie kon onderkry nie, met 60 flinke drawwers wat aangemeld het.

Die lede van die Tafelronde is op hulle pos in die biertent.

Piet Smit het die vermaaklikheid Sondag afgesluit by die N.G. Hulp en Hoop Gemeenskapskerk. Die komitee bedank die gemeenskap wat die fees ondersteun het asook al die borge wat betrokke was, alles ten bate van die Dienssentrum vir Bejaardes.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version