Veiligheidswag Martin benodig nou jou hulp

Martin Van Eck is op 5 Junie, waar hy beheer toegepas het, deur sowat 16 werkers van 'n maatskappy op Zebediela oorrompel en moes deur 'n kollega na Voortrekker Hospitaal vervoer word.

MOKOPANE – ‘n Plaaslike sekuriteitswag, Martin van Eck, is onlangs in die uitvoering van sy pligte aangeval en is tans kritiek in die hospitaal.

Van Eck is op 5 Junie, waar hy beheer toegepas het, deur sowat 16 werkers van ‘n maatskappy op Zebediela oorrompel en moes deur ‘n kollega na Voortrekker Hospitaal vervoer word.

Hy is later na die Pietersburg Provinsiale Hospitaal oorgeplaas.

Van Eck het verskeie skedelbreuke opgedoen, en van dié beserings het bloeding op die brein veroorsaak.

Wat ‘n dringende operasie sou wees om die skade tot ‘n minimum te beperk, het nie plaasgevind nie, en op 8 Junie is hy na ‘n privaat hospitaal in Polokwane oorgeplaas, waar hy verlede Saterdag geopereer is.

‘n Vriendin, Nanene Engelbrecht bevestig dat die operasie volgens die dokter goed verloop het en dat hy eersdaags met rehabilitasie sal begin.

“Daar lê nog ‘n lang pad van herstel voor,” het Engelbrecht gesê.

Touch of Helping Grace, ‘n organisasie sonder winsbejag, het ‘n fondsinsamelingsprojek van stapel gestuur om Van Eck finansieel by te staan.

Die eienaar, Hester Nieman het gevra dat persone wat ‘n skenking wil maak haar by 078 654 4748 skakel vir meer besonderhede.

“Enige donasie kan help. Martin het al soveel van ons gehelp, en nou is dit ons beurt om ons hande oop te maak en hom in sy uur van nood by te staan.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version