Local News

Familie treur na jong Carmia se afsterwe

Carmia is gebore met mikrokefalie serebrale gestremdheid (kwadriplegie), epilepsie, corpus callosum en skoliose en het Augustus ‘n spesiale rolstoel gekry.

POLOKWANE = Dit is ‘n verslae Marinda du Plessis wat op die bank in haar voorhuis sit – skaars drie dae na haar dogter, Carmia skielik in haar arms dood is.

“Sy was vyf jaar, vyf maande en twee dae oud. Die dokters het met geboorte vir ons gesê haar lewensverwagting is twee dae, maar sy het hulle verkeerd bewys,” sê Miranda.

Carmia is gebore met mikrokefalie serebrale gestremdheid (kwadriplegie), epilepsie, corpus callosum en skoliose en het Augustus ‘n spesiale rolstoel gekry.

Met geboorte het sy 1.39kg geweeg, en die gesin het nie geweet hoe dié klein lyfie gaan oorleef nie.

Maar in die afgelope jaar, was sy nie een keer in die hospitaal opgeneem nie.

“Sy was nie siek nie, en ek weet nie wanneer laas het sy ‘n epileptiese aanval gehad nie. Beide ek en Carmia was Saterdagoggend 03:00 wakker en het haar opgetel en op die rug geklop. Ek het gespot en vir haar gesê sy kan nie lawaai nie, want die res van die huis slaap nog.”

Teen 06:30 het Marinda opgestaan om vir haar kos te gee, maar nie lank daarna nie het sy roggelgeluide begin maak.

“Ek het mond-tot-mond asemhaling toegepas en my verloofde, Mario Oggioni, geroep. Toe hy by ons kom, was sy reeds oorlede.”

Die huishouding is sedertdien ‘n warboel van bedrywighede, vertel Marinda.

Haar ouers het van Louis Trichardt af gekom om hulle te ondersteun. Ander vriende en familie reik ook uit na Marinda-hulle en sy bedank almal vir hulle ondersteuning.

“Min mense het verstaan dat Carmia alles wat ons sê, gehoor en verstaan het. Sy het ons lewens opgehelder. Om haar in ‘n inrigting te sit, was nooit ‘n opsie nie. Haar dood het ons almal geskok, Mario vat dit baie swaar.”

Met die vorige onderhoud wat Polokwane Observer met Marinda gehad het, het sy opgemerk: “Ons lewe dag vir dag, want môre is nie vir ons verseker nie ‘n Kind moet ‘n ouer begrawe, nie ‘n ouer ‘n kind nie. Dit is vir my ‘n troos dat sy by ons in die huis was toe sy oorlede is, en nie iewers in ‘n hospitaalbed nie.”

Carmia se roudiens word Saterdag om 11:00 vanuit die Goeie Nuus Bedieningsentrum gehou.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon. – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button