Local News

Baobab Nagmark bederf met vermaak

Die organiseerder van die fees, Sonika Nel, sê die fees was 'n groot sukses.

POLOKWANE – Met ‘n propvol program vol opwindende kunstenaars, kos vir die fynproewers en plaaslik gebroude drankies, het inwoners die afgelope week-en-‘n-bietjie die Baobab Crafters Market and Outdoor Festival terdeë geniet.

Die fees het op 26 April afgeskop met Fatman wat die gehoor op hulle voete gehad het. Hy het een van sy groot treffers, Vuil Coke, asook ander liedjies soos Vetvrou en Kamp Kommandant gesing.

Fatman op die verhoog.

Plaaslike kunstenaar, Wikus Vogel, was elke aand op die verhoog as daar nie ‘n kunstenaar of fliek was nie.

Die eerste van twee buitelugflieks, 10 Things I Hate About You, het Vryheidsdag afgesluit.

Nog ‘n treffer op die program was die vasvra-aand waar gaste hulle algemene kennis ten toon gestel het.

Petro Fourie en haar vriendin Annetjie Lombard geniet ‘n koue koeldrank.

Die nuwe maand is ingestap met die tweede buitelug fliek, The Greatest Showman. ‘n Ander gunsteling, The Battle of the Estate Agents, het gisteraand plaasgevind, en die gewilde kunstenaarsgroep Droomsindroom tree vanaand (Donderdag) op.

Die geld wat tydens die Battle of the Estate Agents ingesamel is, word aan die Polokwane Nasorgsentrum oorhandig.

Die program word afgesluit met ‘n massabraai waar almal welkom is.

Sharné van Zyl, Dustin Terblanche, Zane Morgenrood, Zander Korff en Lohan de Fin kuier by die Baobab Food Market and Outdoor Festival.

Die organiseerder van die fees, Sonika Nel, sê die fees was ‘n groot sukses.

“Die mark is elke dag tot laat oop en dit is ook ‘n goeie idee om jou Moedersdaggeskenke hier te koop. Hierdie is die tweede jaar wat ons die fees hou en na verlede jaar se sukses, het ons besluit om vanjaar se fees groter te maak. Hier is stalletjie-uitstallers van regoor Suid-Afrika.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button