Verwarm die winter met bokse vol liefde

Een van die organiseerders, ds. Hannes Bezuidenhout sê die idee met die projek is om die gevulde bokse aan instansies in die stad wat vir diegene sorg wat dit nodig het, te gee.

POLOKWANE – Wanneer die winter aan die deur klop met ‘n ysige wind wat waai, raak talle mense teneergedruk of mismoedig.

Voeg daarby dalk die feit dat jy nie warm klere of selfs net ‘n bakkie sop het om te eet nie, en die eensaamheid kom maak hom tuis in die kamers van jou hart.

Die Ring van Pietersburg het met ‘n projek vorendag gekom waar diegene wat honger en koud is, gehelp kan word.

Die projek, Winter warm boks vol liefde, se doel is om die harte van die wat dit nodig het, vol liefde te maak.

Een van die organiseerders, ds. Hannes Bezuidenhout sê die idee met die projek is om die gevulde bokse aan instansies in die stad wat vir diegene sorg wat dit nodig het, te gee.

“Ons wil dit vir die instansies gee sodat hulle dit weer kan uitdeel. Ons hoop sodoende om met mense warm liefde te deel, veral in die winter wanneer mense koudkry en alleen voel. Enigiemand, ongeag in watter kerk hulle is, kan deel in die projek.”

Om deel te wees, pak ‘n boks met die nodige items, wat dan op 27 Mei uitgedeel gaan word.

Inhoud van die boks:

• Blikkies sop.

• Sakkies sop.

• Warm klere.

• Serpe.

• Mussies.

• Handskoene.

• Kouse.

• Slaapkouse.

• Komberse.

• Warmwatersakke.

• Ingelegte produkte.

• Bottels sopmengsel.

Die bokse kan by N.G. Kremetart (Pietersburg-Oos), N.G. Moedergemeente en Noordgemeente Familie van Omgee (N.G. Noord) afgegee word, of skakel enige van die volgende persone:

• Isobel: 083 686 6821.

• Hannes: 083 382 1275.

• Daleen: 083 372 2497.

• Wynand: 083 265 1118.

• Susan: 083 996 9603.

• Marian: 076 405 5799.

• Hester: 015 293 0461.

• Cielie: 082 597 6908.

• Tjaart: 082 551 6341.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version