Interhoërkoors loop hoog onder skole

Tom Naudé skoolhoof, Vanessa Kachelhoffer, sê die skool sien uit om atlete, ouers, toeskouers en vriende te verwelkom.

POLOKWANE – Atlete van die hoërskole Merensky, Louis Trichardt en Eric Louw sal Vrydag na Polokwane reis vir die jaarlikse Interhoëratletiekbyeenkoms wat by HTS Tom Naudé gehou word.

Plaaslike skole wat ook deelneem is Hoërskool Pietersburg, Northern Academy en HTS Tom Naudé.

Die hekke open reeds 06:00 vir toeskouers en om 06:45 sal die atlete hulle optogte hou.

Na die opening en verwelkoming word die sportbelofte gelees en teen 08:20 begin die eerste item.

Tom Naudé skoolhoof, Vanessa Kachelhoffer, sê die skool sien uit om atlete, ouers, toeskouers en vriende te verwelkom.

“Mag elkeen wat deelneem hulle talente gebruik om te beïnvloed eerder as om te beïndruk. Mag hierdie Godgegewe gawes van die atlete die wenner wees in elke item.

Trofeë word as volg toegeken:

• Victor – en Victrix Ludorom, senior en junior.
• Beste junior en senior atleet op baan en veld.
• Beste enkele prestasie – meisie.
• Beste enkele prestasie – seun.
• Seunsbeker: Hoogste totale punte behaal.
• Meisiespunte: Hoogste totale punte behaal.
• Prestasiebeker: Punte behaal gedeel deur die hoeveelheid leerders in die
skool.
• Groottotaalbeker: Hoogste totale punte behaal per span.

Die medaljes word deurlopend deur die dag by die rostrum uitgedeel.

Toegang vir die dag beloop R20 per persoon en R20 per voertuig. ‘n Program kos R10 en daar is ‘n snoepie met heerlike eetgoed beskikbaar.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version