Local News

Tammylee bring die kroon huis toe

Tammylee Ferreira (17) het op sewejarige ouderdom aan haar eerste modelkompetisie deelgeneem en sê die wen verlede week was onverwags.

POLOKWANE – Dit was ‘n baie trotse oomblik toe haar Oupa Steve en Ouma Von verlede naweek kon toekyk hoe Tammylee Ferreira (17) met die titel van Miss Regal International Teen SA wegstap – en ook die eerste keer hoe hulle kyk hoe hulle kleindogter aan ‘n modekompetisie deelneem.

Tammylee het op sewejarige ouderdom aan haar eerste modelkompetisie deelgeneem en sê die wen verlede week was onverwags.

“Toe hulle die eerste prinses se naam aankondig was ek baie bly vir haar. Dit was eers na ‘n paar sekondes dat ek besef het as sy eerste prinses is, is ek die wenner. Dit was ‘n ongelooflike gevoel.”

Haar ouers, Karel en Mirinda, was ook daar om die oomblik te deel, saam met ander lede van hulle familie, en ondersteuners.

“Toe die wenner aangekondig is, het my ma die hardste gehuil,” vertel TammyLee.

“Ekself het ook trane in my oë gehad, veral toe ek my ouma se oë begin opdam. Dit was ‘n voorreg om hulle daar te hê.”

Gedurende die aanloop van die kompetisie moes elke finalis met ‘n liefdadigheidsorganisasie werk om bewustheid te skep vir die spesifieke instansie.

“Vir die duur van die kompetisie wou ek wys ek is 100% myself en die beoordelaars oortuig met my glimlag en stralende persoonlikheid. Ek glo dat hulle my mooiheid van binne kon aanvoel en my hart kon raaksien.”

Tammylee erken dit wat sy by haar mentor, Cathy Heaton van ACE Johannesburg geleer het, kon sy veral toepas met die finale vraag op die verhoog.

Haar pligte as Miss Regal International Teen SA is om die organisasie te dien, die titel uit te dra en ‘n ambassadeur te wees. Een van die grootste pligte is om Suid-Afrika op internasionale vlak oorsee te gaan verteenwoordig.

“Ek beoog om ‘n amptelike lid van die Stand United SA organisasie te wees. Dit is die span saam met wie ek gewerk het. Ek wil steeds bewusmaking skep in die gemeenskap.”

In April gaan sy deel wees van die SA Fashion Week en verder gaan sy tyd voor die boeke deurbring met die oog op haar matriek-eindeksamen.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button