POLOKWANE – Alhoewel Pietersburg Laerskool op elke area ‘n eenheid vorm, het hulle Vrydagoggend in drie verdeel vir die jaarlikse bokkesport.
Om die groepe uitmekaar te ken, is daar ‘n kleur aan elke groep toegewys.
Die een groep was rooi, die ander een blou en die laaste wit.
Sien ook: FOTO’S: Bokkesport lei na groot pret by PLS
Die leerders moes in span-, maar ook ouderdomsverband, teen mekaar deelneem om punte te behaal.
Items waaraan die junior fase en intermediêre fase leerders kon deelneem was hoogspring, verspring, diskus, hekkies, naellope en langafstande.
Terwyl die musiek vrolik oor die luidsprekers speel word die wenners na elke item aangekondig en met ‘n medalje vereer.