Rooibokke kraai koning by Tom Naudé se Bokkesport

Dit was Bokkesport en groot pret op Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se atletiekbane en -velde toe die skool in huisverband mekaar die stryd aangesê het.

POLOKWANE – By Hoër Tegniese Skool Tom Naudé word leerders kort voor die jaarlikse Bokkesport in drie huise verdeel, naamlik die Springbokke, Blesbokke en Rooibokke.

Tydens die Bokkesport neem die leerders in huisverband deel en probeer soveel as moontlik punte bymekaarmaak.

Alhoewel dit ‘n dag vol strawwe kompetisie is, is die gees lig en vrolik.

Spanne skree nie net vir hulle eie spanlede nie, maar ook vir mekaar en is saam bly as daar ‘n rekord verbeter word.

Sien ook: FOTO’S: Tommies wys staal op atletiekbaan en -veld

Vanjaar is daar ses rekords opgestel:

1. Nashwin Nagel – seuns o/14 hoogspring, van 1.55m na 1.56m.

2. Zandré Jooste – seuns o/17 verspring, van 6.01m na 6.08m.

3. Kutullu Sekokotla – seuns o/16, 1 000m van 3:13.44 na 2:55.76.

4. Kubura Abubakar ewenaar die rekord vir meisies o/17 100m, van 14.62.

5. Selaelo Mokgawa verbeter die rekord vir seuns o/19 400m, van 0:53.80 na 0:53.30.

6. Makoma Tjege ewenaar die rekord vir meisies o/19 hoogspring, met 1.45m.

Algehele uitslae:

1. Rooibokke met 857 punte.

2. Blesbokke met 796 punte.

3. Springbokke met 644 punte.

Sportorganiseerder Kobus de Meyer bedank elke atleet vir hulle deelname en die personeel se hulp as baanbeamptes.

“Dit was ‘n goeie dag en ons sien uit na die res van die jaar se atletiekbyeenkomste. Tommies, hou ons naam hoog.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version