Akademie Reformia doen dit anders as die res

Deur die jare het Akademie Reformia aangepas en gegroei, maar nooit hulle credo vergeet nie en lei hulle leerders trots op die beste manier vir hulle op.

POLOKWANE – Vir die afgelope 25 jaar lewer Akademie Reformia leerders wat uitstaan in die gemeenskap.

Deur die jare het hulle, sonder om van hulle credo te vergeet, aangepas met die veranderinge.

Dié Afrikaanse privaatskool se credo bepaal Christelike Godsdiens onderrig moet regdeur elke aspek van die skool gehandhaaf word.

Vanaf volgende jaar gaan ds. Sarel Venter en ds. Wickus Malan, geloofsleer as vak by die skool aanbied.

Voorheen het personeel van die skool hierdie taak behartig.

Dit is ook nie sommer net ‘n gewone laerskool nie.

Om die leerders meer toe te rus, word die gr. 4-7-leerders elke jaar by Wolkskool ingeskryf.

Die virtuele skool bied die leerders die geleentheid om na aanvullende lesse te kyk.

Daar is video’s om die werk te verduidelik, werkskaarte en ook assessering wat die leerders enige tyd kan gebruik.

In wiskunde word Wolkskool ingespan met die ‘flipped classroom’ onderrig.

Daar word van leerders verwag om voorbereid in die wiskundeklas in te stap en reeds die inhoud van die les teen hulle eie pas by die huis deurgewerk het.

Dit stel die onderwyser in staat om te fokus op die areas waar die leerders sukkel.

Assessering word aanlyn gedoen en beide die onderwyser en ouers kry gereelde terugvoer.

Die vak skeppende kuns het vier afdelings naamlik dans, kuns, musiek en drama.

By Akademie word daar gefokus op kuns en musiek.

Musiekopleiding is belangrik vir Akademie Reformia, en leerders word reeds in die juniorfase daaraan blootgestel.

Hulle leer onder andere hoe om note te lees.

Kultuur liefhebbers neem deel aan die Limpopo Eisteddfod in drama, vokale en instrumentele-afdelings.

Die skool het ‘n koor wat gereeld optree en vir die leerders deure oopmaak.

Personeel van die skool het onlangs die Smart Choices kursus van dr. Darleen Edward-Meyer voltooi.

Dit stel hulle in staat om leerders te lei om vanuit Christelike beginsels, waardes en norme slim keuses kan maak.

In 2023 word veldskool ook aangebied en kan leerders uitsien om na Camp Discovery te reis vir leersame pret en plesier.

Selfs by die kleuterskool, Kleinbegin Pre-Primêr word die kinders van vroeg af met die regte programme gestimuleer.

Kinderkinetika bied die oplossing deur vir elke kind op sy individuele ouderdomsvlak aangepak en help met optimale motoriese ontwikkeling van elke kind.

Buitemuurse aktiwiteite wat tydens skoolure by die skool aangebied word is Tiny Tots Rugby, Witjassies en Dancing with Chelle ballet.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version