Local NewsSchools

Hoërskool Piet Potgieter vereer leerders met loerierfunksie

HPP-leerders was vir hulle uitmuntende prestasie agter die skoolbanke, op die sport- en kultuurvelde, en buitemuurs beloon.

MOKOPANE – Hoërskool Piet Potgieter se leerders is onlangs beloon tydens ‘n spoggeleentheid.

Die loerierfunksie word jaarliks aangebied waar die top leerders in sy of haar gebied beloon word vir hulle uitmuntende prestasies.

Aldrich Rossouw het ‘n paar trofeë ontvang met vanjaar se prysuitdeling.

Hy is aangewys as die Pottie van die jaar, die Dux-leerder van die jaar, die kultuurseun van die jaar, die tennisspeler van die jaar, asook die beste seunsredenaar.

Aldrich het die hoogste gemiddeld van 95.95% op die finale SBA-punt (vier verpligte vakke plus drie beste vakke) behaal.

Hy verdien 365 punte volgens die tabel vir die grootste bydrae op kultuurgebied en neem deel aan die Oppie Tong Af redenaars finaal en behaal ‘n vierde plek, hy het ook deelgeneem aan die ATKV semi-finaal.

Tydens die Bosveld Kunsfees het Aldrich nege trofeë ingepalm en word aangewys as die senior algehele wenner.

Hy is lid van die ATKV Jeugtak en toneelgroep.

Hy is aangewys as die beste speler vir die dag by die toneel interhoër.

Aldrich ontvang ook die titel as die nommer een seunstennisspeler van die skool.

Aldrich Rossouw en onderwyser Coba Beyneveldt.

Immeré Botha ontvang die trofee vir die sportdogter van die jaar en ook die trofee vir die fotograaf van die jaar.

Immeré was deel van die eerstehokkiespan en ook die atletiek interhoërspan.

Sy het vanjaar haar debuut gemaak met die interhoër swem en Top 10 kampioenskap.

Sy is aangewys as kaptein vir beide byeenkomste.

Sy verower een silwer en een brons medalje by die Limpopo swemkampioenskappe en drie silwer en een brons by die interhoër swem.

Sy kry ook een silwer en een brons medalje by die Top 10.

Sy het 201 ure spandeer om vir die skool foto’s te neem.

As lid van die atletiek en landloop interhoërspan verdien Jacobus Botha die sportseun van die jaar trofee.

Jacobus deel sy talente op die tennisbaan vir die eerste en tweedespan en is ook lid van die gholf tweedespan.

Hy speel rugby vir die o/16 A-span en is ook aangewys as die kaptein.

Jacobus neem deel aan die Limpopo swemkapioenskappe sowel as die interhoër swem.

Hy word aangewys as die Victor Ludorum by die interhoër en verower ‘n sesde plek by die SA skole swem.

Hy ontvang die trofee vir die beste landsdiensseun en verower sy provinsiale kleure na drie jaar as lid.

Jacobus word aangewys as die seuns swemmer van die jaar.

Immere Botha en Jacobus Botha met hulle prestasies.

Carlia Nel ontvang die trofee vir dogters swemmer van die jaar.

Haar hoogste punt tydens ‘n skole gala was in die 50m vlinderslag met 377 punte.

Kultuurdogter van die jaar asook die beste toneelspeler van die jaar, Anemieke van Niekerk verdien 150 punte volgens die tabel vir die grootste bydrae op die kultuurgebied.

Sy is betrokke by die ATKV Jeugtak en is deel van die toneelgroep.

Sy het ook deel geneem aan die kunsfees en ontvang ‘n trofeë vir haar selfgeskrewe werk sowel as vir haar samespraak.

Sy presteer uitsonderlik by die ATKV Tienertoneel Streeksfees en ontvang ‘n Cum Laude toekenning, sy is ook aangewys as die beste aktrise in ‘n hoofrol.

Paula Horn ontvang die trofee vir die beste leerlingraadslid.

Sy het van die begin tot die einde haar taak as leerlingraadslid ernstig opgeneem.

Sy het nie geskroom om die regte ding te doen nie en het altyd haar hulp en idees aangebied.

Sy was altyd op haar plek en het altyd gedoen wat van haar verwag word.

Sy kon met haar medeleerlingraadslede saamwerk sonder om konflik te veroorsaak en wanneer sy verantwoordelikheid geneem het vir iets, doen sy dit voluit en met uitnemendheid.

Sy het die skool op die sport en akademiese gebied verteenwoordig en sy was ‘n voorbeeld na wie die gr. 8-leerders kon opkyk.

Frederik Botes ontvang die trofee vir die hengelaar van die jaar.

Tydens die derde liga kompetisie het hy ingestaan as reserwe en ‘n totaal van 103,59kg gemengde sak vis gevang.

Giné Lubbe is aangewys as die beste noodhulp helper nadat sy 72 diensure ingesit het.

Claudine Erasmus stap weg met die trofee as beste landsdiens dogter.

Na vyf jaar as lid ontvang sy haar provinsiale kleure sowel as ‘n Springboktoekenning.

Fietsryer, Henro van der Walt ontvang die trofee vir seuns fietsryer van die jaar.

Henro het ‘n eerste plek by die Interprovinsiale fietsry kampioenskappe los gery en ontvang sy provinsiale kleure.

Hy het ook deel geneem aan die SA Kampioenskappe en ‘n derdeplek verwef.

Lianke Fourie het die trofee ontvang vir die dogters fietsryer van die jaar.

Sy het ‘n eersteplek los gery in die Limpopo XCO en verwerf haar provinsiale kleure. Sy is ook algeheel agtste in die SA XCO kampioenskappe.

Miné Hanekom skiet vir haar die trofee as die beste luggeweerskut los.

Sy het deelgeneem aan die SA Skolekampioenskappe waar 430 skuts teen mekaar meegeding het.

Sy behaal ‘n twaalfde plek in die o/21 veer afdeling.

JC Botha is verkies tot die Afrika-, Suid Afrikaanse- en Limpopo boogskietspanne.

Hy is aangewys as die Limpopo Bulls eye en 3D kampioen en ook kaptein van die Suid Afrikaanse span, sowel as die Limpopo span.

Hierdie prestasies besorg aan JC die trofee as beste boogskut van die jaar.

Smangi Tjale ontvang die rugbyspeler van die jaar trofee vir sy deelname aan die Noordvaal o/16 Limpopo Blou Bulle span.

Amelie Coetzee ontvang die dogters tennisspeler van die jaar trofee.

Sy neem deel aan die Prokeniks SA’s waar sy 132ste gelys is.

Sy ontvang ook die titel as die nommer een tennisspeler van die skool.

Hokkie speler van die jaar Miané Muller is die meeste kere aangewys as die speler van die wedstryd en behaal die meeste punte.

Sy ontvang die hokkiespeler van die jaar trofee.

2023 hoofseun, Jeandré Strydom ontvang die krieketspeler van die jaar trofee.

Hy word gekies vir die o/17 Limpopospan en hy verteenwoordig die skool se eerste span waar hy 13 paaltjies in vyf wedstryde geneem het en ‘n kolfgemiddeld van 20 per wedstryd behaal het.

Vanjaar se hoofseun, Wally Human is aangewys as die skool se nommer een gholfspeler waar hy die meeste toernooie gewen het.

Sy prestasie besorg aan hom die gholfspeler van die jaar trofee.

Liani Visagie is aangewys as die netbalspeler van die jaar.

Sy het nooit opgegee nie en altyd haar beste vir die span gegee.

Sy is ook die meeste kere aangewys as speler van die wedstryd.

Henro Bruwer het vir homself die seunsatleet trofee van die jaar losgehardloop.

Hy het aan die Limpopo kampioenskappe deelgeneem vir spiesgooi.

Met die afgelope Top 10 atletiek byeenkoms by Hans Strijdom het hy ‘n persoonlike beste gegooi van 59m en ‘n tweede plek behaal.

Mokgadi Mpago ontvang die dogters atleet trofee van die jaar na sy ‘n eerste plek losgehardloop het by die Limpopo kampioenskappe in die 300m hekkies en ook presteer het in die hoogspring.

Sy kwalifiseer om deel te neem in die SA kampioenskappe vir die 300m hekkies waar sy ‘n derde plek verower.

 

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button