Local NewsSchools

Só groei tradisie by Oosskool

Om terug te gaan Oosskool toe nadat jy in gr. 7 was om te sien hoe jou nalatenskap steeds groei en deel is van die skool is 'n eer eg aan dié skool.

POLOKWANE – Een van Oosskool se vele tradisies is om elke jaar se gr. 1-groep toe te laat om ‘n boom op die skoolterrein te plant.

Verlede Donderdagoggend het die leerders en hulle onderwysers op die naskoolterrein vir hierdie doel bymekaargekom.

Hier het juffrou Suné Jacobs vir hulle vertel hulle gaan ‘n wilde pruimboom plant.

“Hierdie boom kom gewoonlik in woude aan die oostekant van Suid-Afrika voor. Hulle is immergroen, wat beteken hulle blare is heeljaar groen, en kan tot 15m hoog word. In die lente maak die boom klein geel blommetjies en in die somer rooi pruim-vrugte. Die boom het ‘n mannetjie en ‘n wyfie en die wyfie dra die vrugte. Hy groei vinnig en gee baie skaduwee.”

Skoolhoof Gideon Pelzer het ook die verrigtinge bygewoon en sommer ‘n natuurwetenskaples vir die leerders aangebied.

“Elke jaar plant die gr. 1’s ‘n boom op die skoolterrein. Na julle in gr. 7 was, kan julle kom kyk hoe ver die boom gegroei het. Bome gee vir ons suurstof en absorbeer die koolstofdioksied wat ons uitasem.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button