Dansers vertel die verhaal van liefde en opoffering

Vida Dança se dansers het onlangs op die planke verskyn en die gehoor geboei met hulle vertolking van 'The Little Mermaid'.

POLOKWANE – Die verhaal van The Little Mermaid is redelik bekend – een van seerkry, opofferings, oneerlikheid, vriendskap en natuurlik liefde.

Dié verhaal het die afgelope naweek weer lewe gekry toe die dansers van Vida Dança die storie deur hulle danspassies vertolk het.

Die hoofkarakter, ‘n meermin met die naam Ariel, is deur Duané Welman vertolk en het daarvan gedroom om ‘n mens te word en met ‘n prins te trou.

Die wens noop haar om ‘n ruiltransaksie met die seeheks, Ursula, gespeel deur Rato Matladi, aan te gaan.

Ariel se stem in ruil vir bene sodat sy op land kan loop.

Sy ontmoet vir prins Eric, vertolk deur Ruan Otto, en saam met haar vriende, Sebastian (Leandré Labuschagne), Flounder (Elandré Spies) en Scutte (Kalista de Beer), oortuig hulle haar pa, koning Triton (Elke Coulson), om haar besluit te respekteer.

Deur die gevare van Ursula en haar twee seeslange (Zoey Galloway en Kayla Fletcher/Megan Henning), met die hulp van Sir Grimsby (Jenna-Mae Curtin) en Max (Kayden-Jon Curtin) kon Ariel en prins Eric hulle lewe saam begin.

Die karakters het die gehoor op ‘n reis onder die see geneem wat ‘n staande applous aan die dansers gegee het.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version