Sertifikate, trofeë die kersie op die koek by Matriektee

Heuwelkruin se matrieks het die jaar uit oudergewoonte met die Matriektee afgesluit, waar leerders vereer is vir hulle harde werk en toewyding.

POLOKWANE – Die gebruiklike Matriektee is op 7 Oktober by Curro Heuwelkruin gehou waartydens die gr. 12-leerders en hulle ouers saam na spreker en oud-Kruinie, Albert-Louis Nel geluister het.

Albert-Louis is ‘n vierdejaarstudent in rekenaaringenieurswese.

“Soos jy vandag hier sit is jy hartseer vir die tyd wat verby is, opgewonde vir die tyd wat voorlê en bang vir die onsekere. Die verskillende emosies wat jy ervaar is normaal. By Heuwelkruin het ek dinge aangepak wat ek nie noodwendig sou aanpak nie, soos om rugby te speel, maar deur deelname aan al die aktiwiteite het van my ‘n beter mens gemaak.”

Hy het voortgegaan en drie kernreëls met die gehoor gedeel.

“Hou aan hard werk, sit tyd vir jouself opsy en behou balans. Vind uit hoe om jouself te verbeter. Die toekoms hang af van wat jy vandag doen.”

Die gr. 12’s is beloon met sertifikate en trofeë:

 

1. Vakwenners:

• Alexander de Kock: Ingenieurswese en grafiese ontwerp.

• Alexandra Grantiartzis: Drama en Afrikaans Eerste Addisionele Taal.

• Keitumetse Kekana: Lewensoriëntering en lewenswetenskappe.

• Queen Mapheto: Wiskunde, fisiese wetenskappe en Engels Huistaal.

• Kwena Mokgohloa: Wiskunde literasie.

• Violetta Perez: CAT.

• Misha Piek: Landbouwetenskappe.

• Wilmerie Pretorius: Besigheidsstudies.

• Ramon Tamayo Isla: Drama.

• Lené van As: Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, visuele kunste, inligtingtegnologie en lewensoriëntering.

 

2. Curro Create

• Keitumetse Kekana: Twee Black Raven-toekennings.

• Mungi Mabunda: Black Raven-toekenning.

• Patricia Manyowa: Black Raven-toekenning.

• Wilmerie Pretorius: Black Raven-toekenning.

• Ramon Tamayo Isla: Black Raven-toekenning.

• Lené van As: Black Raven-toekenning en Kryptonite (100%).

 

3. Trofeë:

• Krieketspeler van die Jaar: Jan-Lou de Beer ontvang die Reuben Serfontein Trofee.

• Kolwer van die Jaar: Jan-Lou de Beer ontvang die Riaan Nieuwoudt Trofee.

Jan-Lou de Beer ontvang die Reuben Serfontein Trofee vir Krieketspeler van die Jaar en die Riaan Nieuwoudt Trofee vir Kolwer van die Jaar.

• Meisiehokkiespeler van die Jaar: Kwena Mokgohloa ontvang die Noelene Oosthuizen Trofee.

Kwena Mokgohloa ontvang die Noelene Oosthuizen Trofee vir Meisiehokkiespeler van die Jaar.

• Seunhokkiespeler van die Jaar: Kholofelo Teffo ontvang die Reuben Serfontein Trofee.

Kholofelo Teffo ontvang die Reuben Serfontein Trofee vir Seunhokkiespeler van die Jaar.

• Rugbyspeler van die Jaar: Mechann Botma en Nkomane Masebe deel die Christoph Conroy Trofee.

Mechann Botma en Nkomane Masebe deel die Christoph Conroy Trofee vir Rugbyspeler van die Jaar.

• Gholfspeler van die Jaar: Storm Keating.

Storm Keating ontvang die Trofee vir Gholfspeler van die Jaar.

 

Skoolkapteins:

• Queen Mapetho ontvang die Marli Oosthuizen Trofee vir uitstaande prestasie.

• Storm Keating ontvang die Ruben Serfontein Trofee vir uitstaande prestasie.

• Carlien Nel ontvang die Rektorsmedalje vir 12 jaar 100% skoolbesoek.

• Lené van As ontvang die Dux Par Excellence Skuld vir top akademiese presteerder vir 2022.

Lené van As ontvang die Dux Par Excellence Skuld vir top akademiese presteerder vir 2022 asook die Kruinie Guts Trofee.

• Lené van As ontvang ook die Kruinie Guts Trofee. Kruinie Guts Trofee gaan aan die Kruinie wat altyd voluit aan alles deelgeneem het en bereid was om hard te werk en in alles haar beste gedoen het om die skool se naam hoog te hou.

• Queen Mapheto ontvang die Vuur en Vlam Trofee. Dié trofee gaan aan ‘n Kruinie wat akademiese, in sport en in kultuur uitgeblink het.

Queen Mapheto ontvang die Vuur en Vlam Trofee.
For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version