Die Mokopane Besigheidsakamer is gerat vir hul opruimingsprojek

Die lede gaan ook by besighede aanklop om die eienaars te ontmoet en die moontlike probleme waarmee hulle sukkel te bespreek.

MOKOPANE – Die Mokopane Besigheidskamer wil die dorp se beeld verbeter.

Die bestuurslede van die besigheidskamer het onlangs vergader en ‘n besluit geneem om voort te gaan met die projek in die dorp om die gemeenskap se beeld te bevorder.

Die besigheidskamer se bestuurslede gaan vandag (20 Oktober) deur die middedorp met hulle “walkabout” voortgaan om opnames te maak van die wettige en onwettige smouse langs die pad.

Die lede gaan ook by besighede aanklop om die eienaars te ontmoet en die moontlike probleme waarmee hulle sukkel te bespreek.

Die besigheidskamer loods hulle skoonmaakprojek op 22 Oktober, wat gemik is op die onooglike onwettige stortings in die dorp.

Die besigheidskamer vra die samewerking van inwoners en besighede om die areas skoon te hou.

Die opruimingsprojek skop 09:00 Saterdagoggend af op die hoek van HF Verwoerd en Thabo Mbekirylaan.

Die besigheidskamer nooi die gemeenskap uit om hand by te sit met die skoonmaak aksie, die inwoners wat net ‘n draai wil kom maak om te groet is ook welkom.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version