Local News

‘n Welverdiende vakansie vir dié bejaardes

Twee jaar nadat die Covid-19 pandemie die seniors by die Dienssentrum vir Bejaardes se planne gekelder het, kon hulle uiteindelik wegbreek.

MOKOPANE – Voor die Covid-19 pandemie het die lede van die Dienssentrum vir Bejaardes al begin met verskeie geldinsamelingsprojekte.

Daar is op elke funksie en selfs by die skole en voor Spar Mokopane se ingang gebak en gebrou.

Van jaffels, piesangbrood tot pannekoek is verkoop om die dienssentrum se geldkoffers aan te vul.

“As jy op die bejaardes se knoppie gedruk het, het hulle ingespring en ‘n handjie bygesit,” verduidelik bestuurder Hannetjie Bam.

Die teleurstelling was egter groot toe die pandemie die bejaardes se vakansieplanne in die wiele gery het.

Hulle moes maar agteroor sit en kon nie die vreugde beleef om hulle welverdiende geld te spandeer nie.

Na twee jaar was daar egter rede om te juig na die inperking verby is.

Sowat 18 bejaardes het die bussie geklim en vir ‘n week by Weesgerus Vakansieoord, buite Modimolle, gaan ontspan.

Hannetjie vertel dat die bejaardes elke aand gebraai en lekker om die kampvuur gekuier het.

Gedurende die dag is daar baljaar in die warmwaterswembad of daar is minigholf gespeel.

Hannetjie voeg by dat daar reeds planne is vir die volgende projek.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button