Dankie vir almal se omgee, sê Hesmare

Hesmare Gerhan (17) se ouma het op Facebook laat weet dat die vermiste tiener na meer as 'n maand met die familie in kontak getree het.

POLOKWANE – Meer as ‘n maand het verby gegaan nadat Hesmare Gerhan (17) as vermis aangemeld is.

Haar ouma, Hester Naudé, het Sondag per ‘n inskrywing op Facebook laat weet dat Hesmare veilig is.

Hesmare, of Hessie soos haar familie haar noem, is op 28 Augustus laas gesien toe sy saam met haar ma na die Pietersburg Provinsiale Hospitaal toe gegaan het.

Haar familie het die hulp van verskeie organisasies ingespan om haar op te spoor.

Volgens haar oupa, Gerhard, het Hesmare oor die naweek met haar familie kontak gemaak.

“Ons het met haar gepraat en dit gaan goed met haar. Sy het werk gekry in Parys en bly by ‘n oom en tannie daar. Haar vriend wat saam met haar is, het ook werk in die omgewing gekry.”

Die familie bedank almal wat gehelp het om vir Hesmare op te spoor.

Hester het ook op Facebook haar dank teenoor die gemeenskap uitgespreek: “Hesmare is veilig en sy het met ons kontak gemaak. Ek wil asseblief vir elke persoon baie dankie sê vir julle gebede. Mag die Here elkeen seën wat ‘n uitreikende hand gehad het op haar vreemde pad. Ek glo sy het elkeen se hart geraak so op haar pad en sy waardeer dit opreg.”

Hesmare het vir die Polokwane Review ‘n boodskap gestuur waarin sy die gemeenskap bedank: “Ek is veilig en bly nou by mense wat my gehelp het me ‘n dak bo my kop. Dankie vir almal se omgee, ek waardeer dit.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version