Local News

Kameeldoring Gholftoernooi in Mokopane wéér ‘n reuse sukses

Die jaarlikse gholftoernooi en musiekfees het gesorg vir heerlike samesyn, lekker vermaak, en aksie-belaaide gholf in Mokopane.

MOKOPANE – Die jaarlikse Kameeldoring Gholftoernooi en Musiekfees het vanaf 21-24 September vir lekker samesyn, goeie musiek, heerlike kos en vier dae se goeie gholf gesorg.

Dié bekende gholftoernooi lok elke jaar spelers van regoor die land.

Altesaam 96 spanne het ingeskryf en elke dag is ‘n ander formaat gespeel.

Die spelers en inwoners van die dorp het die saamkuier en goeie musiek terdeë geniet.

Behalwe vir lekker gholf het van die spelers hulle verjaarsdae op die baan gevier.

Zelna Esterhuizen was een van hulle, sy het Vrydag 65 jaar oud geword.

Esterhuizen vertel dat sy die toernooi baie geniet het en dat die baan in ‘n puik toestand is.

Van die stalletjies het ook heerlike verversings gehad, wat vir haar sommer ekstra woema gegee het.

Tydens die prysuitdelings was daar gelukkige trekkings gewees waar die spelers lekker pryse kon wen.

Dag een se hoofborg was Elbar Bande en Supa Quick-groep.

Dag twee se hoofborg was Buffelsfontein, dag drie was Volkswagen Mokopane en op dag vier was dit Renasa Versekeringsmaatskappy.

Daar is ook pryse oorhandig aan die spelers wat naaste aan die pen was.

Op dag twee was Louis Rautenbach die naaste aan die pen op gat drie, JP van der Linde was op gat ses die naaste en op gat agt was Chrizander Coetzee, gat 17 was JL du Plessis se gholfbal die naaste.

Dag drie se naaste aan die penne wenners is Fancois Heysteck op gat drie, Erhard Spies op gat ses, Lunessa Joubert op gat agt en op gat 17 was JL du Plessis.

Dag vier se wenners is Jaco Brummer op gat drie, Edmond Botha op gat ses, Francois Snyman op gat agt en op gat 17 is Henco Meyer.

 

Woensdag se wenners:

1ste plek: Johan du Plessis en SJ Jonker

2de plek: Bennett van der Gryp en Fritz Schenker

3de plek: Antony Hawken en Theuns Marias

 

Donderdag se wenners:

1ste plek: Francois en Michelle Duvenhage

2de plek: Ernst en Armanda Kruger

3de plek: Antony Hawken en Theuns Marias

 

Vrydag se wenners:

1ste plek: Francois en Michelle Duvenhage

2de plek: Zander van Deventer en JP van der Linde

3de plek: Kenny Mboyana en Jacob Phala

 

Saterdag se wenners:

1ste plek: Gerrit Smith en Leslie Venton

2de plek: Dries Coetzee en Hans Human

3de plek: Jaco de Villiers en Lucas Otto

 

Algehele wenners:

1ste plek: SJ Jonker en Johan du Plessis

2de plek: Ernst en Armanda Kruger

3de plek: Anthony Hawken en Theuns Marais

 

De Wet Kruger bedank al die borge wat deel was van die toernooi, want sonder die borge sou die toernooi nie suksesvol gewees het nie.

Kruger het ook vir al die personeel bedank vir hulle harde werk asook vir Nadien Brews wat die toernooi gereël het.

Brews spreek ook haar dank uit teen oor al die borge wat die toernooi moontlik gemaak het, asook haar span wat van vroegoggend tot laataand gewerk het.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button