Local News

Septembermaand in Mokopane vanuit fotograwe se lense

Lede van die Potties Fotografieklub was reg met hulle kameras byderhand om die beste oomblikke van September vas te vang.

MOKOPANE – DIE fotograwe van die Potties Fotografieklub het hulleself oortref met die pragfoto’s wat vir Septembermaand ingeskryf is.

Die fotograwe wat puik foto’s geneem het, is Jaco Koekemoer wat as die algehele maandwenner aangewys is en dus ook die seniorkategorie met ‘Scattered Flamingo’ gewen het.

Jackie Opperman het die juniorkategorie met haar ‘Rooikeel byevreter’ gewen.

Die fotograwe is klaar besig om aan volgende maand se foto’s te werk, en is opgewonde om te sien wat hulle spanlede gaan afneem.

Juniorkategorie wenners:

· Mense-afdeling: Hugo Truter

In die juniorafdeling het Hugo Truter die mense-afdeling gewen.

· Monokroomafdeling: Adele Essakow

In die junior monokroomafdeling is Adele Essakow se ‘Dancing duo’ die wenner.

· Natuurafdeling: Jackie Opperman

Jackie Opperman se foto van ‘n rooikeel byevreter is as die junior maandwenner aangewys.

· Ope-afdeling: Hendrik Vorster

In die junior-kategorie, ope-afdeling spog Hendrik Vorster met ‘Sailing along’.

· Landskapafdeling: Hugo Truter

· Set Subject-afdeling: Jackie Opperman

 

Seniorkategorie wenners:

· Mense-afdeling: Marlize van der Merwe

Marlize van der Merwe spog met haar ‘Frans’ foto in die seniorkategorie se mense-afdeling.

· Monokroomafdeling: Marlize van der Merwe

Senior-kategorie, monokroomafdeling wen Marlize van der merwe se ‘Onder die dekmantel’.

· Natuurafdeling: Gretha du Plessis

Greta du Plessis se ‘Wrede ontbyt’ is die senior, natuurafdeling wenner.

· Ope-afdeling: Marlize van der Merwe

Senior-kategorie, ope-afdeling neem Marlize van der Merwe die wenfoto.

· Landskapafdeling: Jaco Koekemoer

Senior en algehele maandwenner is Jaco Koekemoer met Scattered Flamingo.

· Set Subject-afdeling: Jaco Koekemoer

 

Related Articles

Back to top button