Glo in jouself en moet jouself nooit beperk nie, sê Cecilia

Cecilia Ferreira (35), 'n bekende gesig en in Mokopane, het 50kg verloor deur 'n gesonder leefstyl te handhaaf.

MOKOPANE – Cecilia Ferreira (35) spog met haar slanke figuur nadat sy 50kg verloor het deur ‘n gesonder leefstyl te handhaaf.

Vir die afgelope 16 jaar is Ferreira ‘n bekende gesig in die dorp waar sy aan die Potties Atletiekklub behoort.

Met die afsterwe van haar ma het Ferreira se gesondheid agteruitgegaan, ‘n onderaktiewe skildklier is by haar gediagnoseer en sy het begin gewig optel.

Ferreira het in 2018 haar derde Comrades Marathon saam met haar suster Andrea gehardloop, maar onder moeilike omstandighede kon sy nie die Comrades voltooi nie.

Sy het nog meer gewig opgetel, en besluit om ‘n persoonlike afrigter te kry om haar te help, maar dit het nie vrugte gewerp nie.

Sy het later na ‘n funksionele dokter toe gegaan.

Die dokter het haar liggaamfunksie getoets en agtergekom Ferreira het ‘n hormoon wanbalans wat onder andere die onderaktiewe skildklier saam met kortisol hormoon en adrenale moegheid veroorsaak.

Met die nodige medikasie en vitamienes, kon sy stadig ‘n verskil in haar liggaam begin sien.

In April 2021 het Ferreira ‘n besluit gemaak: Sy gaan haar alles insit om ‘n beter en gesonder lewe te lei.

In Julie 2021 het sy Covid-19 gekry en daar het sy ook stadig maar seker gewig begin verloor.

Die Covid-19 het haar nie onder gekry nie, en in Oktober 2021 het sy aan die Argus Fietswedren deelgeneem, in dié tyd het sy heelwat gewig verloor.

Voordat sy aan die fietswedren deelgeneem het, het sy met intermittent fasting begin en vir ses maande het sy net tussen een en twee keer ‘n dag geëet.

Sy wou nog verder gewig verloor en toe begin sy met Sleekgeek.

Ferreira vertel dat Sleekgeek ‘n gewigsverlies gemeenskap is, jy sluit aan teen ‘n seker fooi, waar jy dan agt weke lank aan ‘n oefen- en eetprogram deelneem.

Met die agt-week program het Ferreira ‘n verdere 13kg verloor.

Sy het op 28 Augustus haar vierde Comrades gehardloop en haar tyd met ‘n uur verbeter na 10:47:00.

Ferreira se doel is om nederig te bly, want die lewe verander vining, en om ander te inspireer.

“Jy moet in jouself glo en nooit jouself beperk nie,” sê sy.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version